Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Metafories vernuwende gedigte
Jan 16 2006 10:39:24:317AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

This carting life deur Rustum Kozain . Kwela Books en Snailpress (sagteband, 116 pp.), R95. ISBN 0 7957 0198 5

Rustum Kozain kies as motto vir sy bundel Engelse gedigte Van Wyk Louw se bekende "Nog eenmaal wil ek in die skemeraand" en aktiveer sodoende jeugherinneringe, dorpsherinneringe, maar ook sake soos die verkenning van die onbekende en die emosie wat daarmee gepaard gaan.

In die slotgedig, "Winter 2003", word Van Wyk Louw weer aangehaal om te illustreer hoe slawetaal omgesit is in witmanstaal; en die witmanstaal begin het om met die slawetaal die spot te dryf.

Die bundeltitel suggereer ook iets van swerftogte en soektogte, van die saamkarwei van sommige lewenservarings en die agterlaat van andere. Trouens, in die titelgedig bevind die spreker hom in die Britse Museum tussen kartondose wat van sy pa se karretjie afgeval het iewers in die Karoo en word die geskiedenis sodoende betrag.

Saam hiermee word die bundel in vier afdelings aangebied, te wete "Home", "This carting life", "Home again" en "Waking".

Die geskiedenis van Kozain en sy familie word teruggevoer na die vrou wat druiwe pluk op 'n Bolandse wynplaas en word aangevul met beskrywings van gesinsfoto's, die invloed van politieke geweld en latere besoeke aan onder meer die VSA.

Maar nie net gryp die digtende spreker terug na die eie verlede nie, maar klop ook aan by mededigters soos Mandelstam, Heaney, Levertov en Derek Walcott - interessant hoe Kozain agterin erkenning gee aan die invloed van ander digters op sy werk; beslis 'n nuutjie in ons plagiaatfobiese letterkunde.

Oor sy eie werk (aangehaal in die uitgewer se bekendstellingspamflet) merk Kozain op dat hy probeer het om die opvatting dat politieke skryfwerk eendimensioneel en vervelig is, te ondermyn.

Hy slaag inderdaad hierin, want sy politieke kommentaar word subtiel aangewend en die sterk metaforiese inslag van sy verse open nuwe moontlikhede; selfs al sluk ek nog swaar aan "broken swastikas" om die werker se arms te beskryf.

Sy verkenning van die taal en die insluit van Arabiese woorde uit Islam (met verklarende aantekeninge agterin) verruim beslis die poësie. Opmerklik is die aangrypende sitaat uit Rushdie se The Satanic verses , wanneer die seun met die vader in gesprek tree oor onder meer Islam.

Die Paarl, sy geboortedorp, word beskryf as toegespin in 'n web van suikeragtige neon en is nou nog armer as in sy kinderjare. Tog spreek hy die versugting uit dat hy eendag daar begrawe wil word, want: "I want to lie here./ And feel other children/ Tug at veld flowers, rip solace from sods/ And, even of their pals should bleed, offer/ My death to tearful, comforting mothers."

Kozain se verse is bewustelik vormvas, metafories vernuwend, gaan op 'n eiesoortige wyse om met bekende gegewens en temas, en is 'n belangrike bydrae tot die Suid-Afrikaanse poësie.

  • Dr. Marius Crous is 'n digter en vryskutresensent.

    Bestel hierdie boek deur kalahari.net deur hier te kliek

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |