Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'SA word minder arm, maar ongelykhede styg daarmee saam'
In die openbare debat oor die saak is daar 'n wesenlike gevaar dat dié groepe, met hul verskillende invalshoeke, by mekaar verby praat. Dr. Renier Koegelenberg van die Ekumeniese Stigting van Suid-Afrika sê dit is een van die redes waarom dié stigting gerespekteerde vakkundiges gevra het om 'n navorsingsprojek oor armoede in Suid-Afrika te onderneem. Só wil hulle basiese feite vasstel wat as gemeenskaplike vertrekpunt kan dien. Die navorsing is gedoen deur prof. Carl van Aardt van Unisa, prof. Servaas van der Berg van die Universiteit van Stellenbosch en dr. Haroon Bhorat van die Universiteit van Kaapstad. Die onafhanklike ekonomiese en politieke ontleder mnr. J.P. Landman het op grond daarvan 'n kernverslag opgestel.
Een van die eerste punte wat daarin gemaak word, is dat ekono miese ongelykheid (die grootte van die gaping tussen ryk en arm) en armoede nie dieselfde ding is nie.
Ongelykheid word gemeet met die Gini-koëffisiënt, wat kan wissel van 0 (heeltemal gelyk) tot 1 (wat sou beteken 1% van die bevolking verdien 100% van die inkomste). In Suid-Afrika is die Gini-telling van 0,6 een van die hoogstes ter wêreld. Boonop is die Gini-telling in die swart gemeenskap nóg hoër omdat party huishoudings hul posisie verbeter het.
Daarom gebruik die verslag liewer die minimum-lewensvlak (in Maart 2003 bereken as 'n maandelikse inkomste van R1 871 vir 'n gesin van 4,7 mense). Op grond daarvan word Suid-Afrika 'n 55/45-land genoem - wat beteken dat 45% van sy mense in armoede leef. Anders as met die Gini-syfer is Suid-Afrika nié hier onder die swakste lande ter wêreld nie. Die verslag wys daarop dat Suid-Afrika 'n land is wat ekono miese groei begin beleef, minder arm word, maar dat die ongelykheidsvlakke daarmee saam styg. Die transformasie van die ekono mie sal die ongelykheid in die swart gemeenskap self vererger. Ekonomiese groei se impak op armoede en ongelykheid kan dus verskil. Terwyl dit armoede verminder, kan dit ongelykheid vererger.
Kyk 'n mense na tendense in Suid-Afrika, het die bevolking van 22 miljoen in 1970 tot 44 miljoen in 2000 verdubbel. In dieselfde tydperk het die aantal armes van sowat 11 miljoen tot 17 miljoen gestyg - maar die persentasie armes het van 50% tot 38% gedaal. Daaruit blyk dit ook dat bevolkingsgroei 'n belangrike faktor in die stryd teen armoede is. Dit beteken dat die ekonomie moet groei - en vinniger as die bevolking - om armoede uit te wis. Die enigste manier om armoede en ongelykheid te bestry, is om meer werk te skep. Ander middele soos openbarewerke-projekte en maatskaplike toelaes kan help, maar nie soveel soos meer werkgeleenthede nie. In Suid-Afrika is 1,6 miljoen nuwe werkgeleenthede tussen 1995 en 2002 in die formele en informele ekonomie geskep. Die mite dat die land ekonomiese groei sonder 'n groei in werkgeleenthede beleef het, moet nek omgedraai word, lui die verslag. In dieselfde tyd dat dié 1,6 miljoen werkgeleenthede geskep is, het 5 miljoen mense tot die arbeidsmag toegetree - wat beteken dat die werkloosheidsyfer met meer as 3 miljoen gestyg het. Oor die rol van staatsbesteding ('n vorm van herverdeling) op maatskaplike verligtingsprogramme soos verskillende soorte toelaes, meen die navorsers Suid- Afrika nader 'n plafon . Hulle gee toe daar sal in die afsienbare toekoms 'n beduidende komponent armes in die land wees. Vir sulke mense speel maatskaplike toelaes 'n belangrike rol. Die navorsers twyfel of die staat veel meer kan doen as wat hy nou doen. Daarby sê hulle die staat kan waarskynlik die doeltreffendheid van sy besteding verhoog deur dit in samewerking met en deur nie- regeringsorganisasies, soos kerke, te doen.
Om Suid-Afrika van 'n 55/45- land te verander in 'n 70/30-land teen 2014, sal nóg 3 miljoen werkgeleenthede geskep moet word. Dit sal volgehoue ekonomiese groei van 4% oor die volgende tien jaar verg - vergeleke met die afgelope paar jaar se 3%. In die strewe hierna is bevolkingsgroei belangrik; ekonomiese groei is belangrik; volhoubare herverdeling is belangrik. Private en staatsbronne moet mekaar aanvul en doeltreffendheid van besteding moet verhoog word. Dit alles moet gë?ntegreer word in 'n holistiese benadering sodat die ekonomie volhoubaar kan groei, werk geskep word en 'n veiligheidsnet vir die armes verseker word - en dan sal dit steeds 'n reuse-taak wees. En terwyl armoede só verlig kan word, kan dit gebeur dat ongelykheid nie daarmee saam verminder word nie, sê die navorsers. Vir baie mense kan die lewenstandaard styg namate hulle in die ekonomie ingetrek word, maar terselfdertyd "sal die armes nog met ons wees".
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|