Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Moosa gekap oor hy Eskom se stappe prys
Kaapstad. – Mnr. Valli Moosa, gewese voorsitter van Eskom, het dié kragvoorsiener gister hier op ’n klimaatberaad op die skouer geklop omdat hy “uit sy eie” bereid is om “ ’n geringe bydrae” te lewer tot die vermindering van die kweekhuisgasse wat hy in die atmosfeer inpomp. Dié beraad – wat deur die Fynbosstigting aangebied word – loop vandag ten einde. Moosa het gesê geen wet of regulasie “dwing” Eskom om sy koolstofvoetspoor te verklein nie. “Dis ’n geringe bydrae wat Eskom bereid is om te maak en moet verwelkom word,” het hy gesê. Hy het voorts gesê Eskom (wat onlangs aangewys is as een van die grootste lugbesoedelaars ter wêreld) hoef nie sy kweekhuisgasse in te perk nie omdat dit nie in sy mandaat as kragvoorsiener is nie. Die enigste mandaat wat hy (Eskom) het, is om “betroubare krag” te voorsien. Geen ander kragvoorsiener ter wêreld het tot nog toe met ’n soortgelyke voorstel gekom nie, het hy gesê. Moosa het onder kritiek deurgeloop toe hy gesê het Eskom is tot bereid om ná 2025 “heeltemal af te skaal op sy kweekhuisgasse” hoewel dit nie van hom verwag word nie. Konferensiegangers het hierop aan Moosa gesê dis is “onvanpas” om Eskom geluk te wens met “hierdie geringe bydrae” terwyl Suid-Afrika se kragopwekking grootliks daarvoor verantwoordelik is dat die land se inwoners per capita een van die grootste koolstofvoetspore ter wêreld het. Moosa, ook president van die Wêreldbewaringsunie (IUCN), het gesê die burgerlike gemeenskap en nie-regeringsorganisasies moet druk op die regering uitoefen om wetgewing oor klimaatsverandering in werking te stel. “Ek hoor nie die burgerlike stem nie. Wáár is dié stem,” het hy gevra. Konferensiegangers het hierop gesê Moosa en die regering moet leierskap wys in hierdie opsig omdat hulle (die regering en Eskom) ingelig behoort te wees. Gewone landsburgers is nie so ingelig nie, het van hulle tydens vraetyd gesê. Moosa het bygevoeg Suid-Afrika het as ontwikkelende land geen plig om sy koolstofvoetspoor te verklein nie. ) eliset@beeld.com
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|