Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kans op beurtkrag is kleiner
Jan 05 2009 08:38:05:287PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Aldi Schoeman

Die kans op beurtkragmaatreëls vandeesmaand is nie so groot soos vroeër gereken is nie.

“Weens groot verminderings in aanvraag is daar ’n kleiner kans op beurtkrag in Januarie,” het mnr. Corrie Visagie, Eskom se hoof van aanvraaggroeibestuur, gister gesê.

Eskom se belangrikste nywerheidskliënte (die 140 grootste kliënte, wat nie munisipaliteite insluit nie) het in November 2008 sowat 15% minder elektrisiteit gebruik as wat verlede jaar geraam is die aanvraag sou wees. (Sien tabel.)

Die res van die kliënte het 6,8% minder gebruik, wat die totale vermindering op 10,1% te staan bring.

Dit beteken egter nie Suid-Afrikaners het dit reggekry om 10% krag te bespaar deur meer energiedoeltreffend te wees nie. Baie kliënte moes weens die ekonomiese krisis hul produksie afskaal.

Visagie het gesê beurtkrag kan op klein skaal nodig wees as die instandhouding van sekere kragstasies langer vat as wat beplan is.

Eskom verskerp sy instandhouding gewoonlik in Januarie. Dit plaas die kragnetwerk onder druk. In 2008 moes Eskom beurtkragmaatreëls instel omdat hy nie genoeg krag vir die aanvraag en instandhouding gehad het nie.

“Eskom is in staat om ’n krisis beter as verlede jaar te hanteer,” het Visagie gesê.

Een rede hiervoor is die kleiner aanvraag. Boonop is meer steenkool as verlede jaar dié tyd beskikbaar. Daar is volgens Visagie gemiddeld 30 dae se steenkoolvoorraad.

“Krag is dus nie op kort termyn ’n probleem nie, maar wel op lang termyn. As die ekonomie regkom, moet ons weer vir die nywerhede krag gee.”

As die ekonomiese krisis in ag geneem word, is ’n meer akkurate aanduiding van besparing dat Eskom-kliënte 7,9% minder krag as die vroeëre raming gebruik het.

“Dit waarvan ons weet (nywerhede se vermindering in produksie) het ons in ag geneem om die persentasie te normaliseer.” Die normalisering neem egter nie die impak van die algemene ekonomiese afswaai in ag nie.

In die wintermaande moes die totale afname in aanvraag ook genormaliseer word omdat die winter warmer as gewoonlik was.

So lyk persentasievermindering in vraag na krag

Kernnywerheidskliënte Ander kliënte Totaal Totaal genormaliseer
April 6,9 5,8 6,2 4,0
Mei 5,5 6,9 6,3 2,2
Junie 3,7 6,1 5,1 -0,4
Julie 2,6 4,4 3,7 1,6
Augustus 3,5 6,0 5,1 1,1
September 5,6 4,3 4,8 3,3
Oktober 6,0 4,0 4,8 5,3
November 15,0 6,8 10,1 7,9

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |