Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Bloedrivier-‘heroënskou’ kan SA stories laat deel
Sep 07 2008 05:43:46:120PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Premier S’bu Ndebele van KwaZulu-Natal wil die Slag van Bloedrivier in “heroënskou” neem, want “Dingaan was g’n moordenaar” (Beeld, 5 September).

As hy glo hy kén Dingaan, word hy dit gegun, maar oor Bloedrivier moet hy oplees. Dekades gelede al het historici die tradisionele siening van Bloedrivier herondersoek oor meer vrae as wat die premier hier noem; en dis g’n openbare twispunt nie.

’n Kernsaak was of die nageslag gebind word deur die Gelofte van vóór die Bloedrivierslag van 16 Desember 1838. Daarin is gebid dat, as God die (Zoeloe)-vyand in hul hand gee, hulle die dag en datum jaarliks as dankdag en sabbat tot Gods eer sal vier en hul kinders daarby sal betrek.

Prof. Ben Liebenberg van Unisa het hierin voorgeloop en uit die Afrikaner-geledere het uiteenlopende kommentaar gekom, vír en téén. Prof. Floors van Jaarsveld van Tukkies het Liebenberg gesteun, en toe word hy getref.

Terwyl hy op ’n aand in Maart 1979 ’n lesing lewer op ’n teologiese konferensie by Unisa, storm AWB-leier Eugène Terre’Blanche en sy trawante in as gewaande bewakers van die poorte van die politieke hemel En net daar teer-en-veer hulle Van Jaarsveld, ’n vernedering wat hom altyd sou aankleef totdat hy in 1995 sterf.

As premier Ndebele Dingaan as held wil eer, waarom nie? As sekere Afrikaners Bloedrivier en Geloftedag wil bly gedenk, waarom nie? Kom ons deel liewer mekaar se stories as om mekaar dit te misgun.

  • At van Wyk, Pretoria


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |