Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
'Verraaier Watson én pa
lewe in ou Suid-Afrika'
Dit was met skok en verbystering dat ek gister in Rapport gelees het Luke Watson sê: ‘Ek wou op my Boktrui braak.’ Ek het nogal respek vir hom en sy pa gehad te midde van al die polemiek om hulle, maar nou voel ek kwaad en verraai. Dit is duidelik dat hy en sy pa nog in die verlede leef en nie besef dat die demokratiese Suid-Afrika reeds in twee Wêreldbekertoernooie met daardie Bok-embleem geseëvier het nie. Sy uitlatings is ook ’n klap in die gesig van oudpres. Nelson Mandela en swart Springbok-rugbyspelers wat daardie trui met trots gedra het. Hy verraai ook sy afrigters en spanmaats in die WP en Super-14- span met dié gewraakte en onvanpaste uitlatings. Dit is tyd dat hy en sy pa Suid-Afrika verlaat en na ander weivelde gaan soek. Daar is nie plek vir mense soos hulle, Malema (ANC-jeugliga), Saskok en ander in ’n demokratiese Suid-Afrika nie. Dit het tyd geword dat die ANC-gesindes begin wys hulle stel belang in versoening en die Bok-embleem uitlos. Ek weet nie hoe sy WP-spanmaats dit gaan hanteer nie, want hy het nou gekrap waar hy nie moes nie. Luke sal moet besef dat sy rugbysteun in Suid-Afrika en die WP verby is! Ons rugby-ondersteuners soek mense wat bereid is om die verlede te vergeet en aan te gaan. Moenie dat ons ANC-sondes en -onreg tydens die apartheidsjare begin oopgrawe nie. Ons vir jou, Suid-Afrika!
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|