Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Jesus nie vir Buchan nodig nie
Die berig “Nat, maar bly en dankbaar” (Beeld, 10 November) verwys: Iets is verskriklik verkeerd. Angus Buchan maak stellings wat teenstrydig is met die Bybel. Op die byeenkoms waaroor daar berig word, sê hy onder meer die Here stuur reën om ons sondes weg te was. Reën om ons sondes weg te was? Wat het geword van die bloed van Jesus wat ons sondes wegwas, die offer wat Hy aan die Kruis gebring het? Buchan sê ook dat goeie mense nie hemel toe gaan nie, maar gelowige mense. Tog sê die Bybel dat slegs wedergeborenes wat Christus as hul verlosser en saligmaker aanvaar het die Koninkryk van God sal beërwe. Volgens Buchan moet jy net gelowig wees, wat beteken jy kan ’n gelowige Hindoe, gelowige Moslem, gelowige Boeddhis, gelowige enigiets wees. Weer eens is Jesus nie nodig nie. Hoekom val so baie mense voor sy voete? Is dit omdat hy vir hulle vertel wat hulle wíl hoor, of dit nou Bybels korrek is of nie? Of is dit omdat hy maar net nog ’n celebrity geword het, lyfwagte en al? Hierdie man is besig om duisense mense te mislei. Wanneer gaan ons ons oë oopmaak en besef Buchan is ’n valse profeet!
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|