Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Eerder: Wanneer dominees val
Die opskrif op die artikel “Wanneer domino’s val” (21 November) kon net sowel gewees het: Wanneer dominees val. Dit lyk al hoe meer of teologie inderdaad te belangrik is om aan (sekere) teoloë oor te laat. Blykbaar beweer dr. Flip Schutte dat die Evangelies glad nie sê Jesus het vir die sonde van die mense gesterf nie. Die waarheid is dat die Evangelie van Johannes (hoofstuk 1) oor Jesus sê: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” Die metafoor Lam van God dui op die paaslam, wat op die Joodse Paasfees doodgemaak is. Watter teoloog weet dit nie? In die res van die artikel word met oorbekende postmodernistiese stories aangekarring. Volgens my verdien sy aanhang van sulke dwaalleer 0 uit 10 en sy bedanking as leraar 10 uit 10.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|