Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Wat maak Komphela en ander ANC-amptenare?
Nov 21 2008 06:38:57:807PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

’n Mens staan bloot stomgeslaan oor die desperate en krampagtige pogings van sommige ANC-amptenare (ek sukkel om na hulle te verwys as “leiers”) om politieke munt uit hul doen en late te probeer slaan.

Die probleem is: Daar is mense wat nogal glo dat hierdie spitsvondiges ’n punt beet het.

Mnre. Butana Komphela en Cedric Frolick se jongste verbale gastro oor die rugbystadions (hulle is darem deur amptelike ANC- verklarings tereggewys) is ’n verdere bewys hiervan – om nie eens van die hele Springbok-debakel te praat nie.

Die vraag wat hier opduik, is: Is die voorsitter van ’n parlementêre portefeuljekomitee (VPPK) werklik so magtig en invloedryk soos wat Komphela voorgee om te wees? Is hy regtig ’n beleidmaker en ’n aktivis wat “uit sy eie” kan doen en sê wat ’n parlementêre komitee is?

Komphela (en sy lakei Frolick) kry op sy eie en met sy ekstremistiese, rassistiese geneigdheid op die oomblik meer nuusdekking en aandag deur die dinge wat hy sê en aanvang as wat die huidige president self vermag.

Ek vertoef egter in verwondering oor die manier wat “mindere” persone in die ANC toegelaat word om uiters aanvegbare goed te sê en te doen.

Hoe “dien” hulle die mense daar buite? Hoe bring hierdie lawwighede die ANC nader aan die mense wat besig is om van armoede en werkloosheid uit die lewe self te val? Hoe kom ons nader aan die demokratiese volwassenheid waar ons ons by beleid bepaal en wegkom van die alewige terugleef in die verlede – al hoe verder en verder?

Hoe red ons ’n nasie met sulke opportunisme?

President Motlanthe, help!

  • VeePeePeeKa, Cresta, Johannesburg


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |