Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Arabiese wêreld wil Israel uitwis
Willem Bronkhorst se brief “Weste is blind oor boelie Israel” kan nie onbeantwoord gelaat word nie. Waar was hy die afgelope 60 jaar? Vandat Israel in 1948 sy onafhanklikheid gekry het, het die Arabiese wêreld hulle van die aardbol probeer vee. Telkens wanneer hulle Israel bedreig en aangeval het, was die wêreld stil solank dit gelyk het asof Israel aan die verloorkant was. Sodra Israel egter begin terugveg en die bordjies begin verhang het, dan spring almal op hul agterpote en kryt vir Israel uit as die aggressor of alles wat sleg is. Intussen is dit soos wanneer ’n moedswillige mens aanhoudend ’n leeumannetjie wat daar luilekker in die son lê en slaap, sou pla deur hom met ’n kettie te skiet. Die een of ander tyd gaan daardie leeu daar opspring en jou kop afbyt. Jy kan nie dan sê maar dit was die leeu se skuld nie. Israel word aanhoudend getreiter deur allerhande terreurdade. Honderde vuurpyle word byna daagliks op hulle afgevuur en nou dat hulle uiteindelik besluit om terug te slaan, is hulle skielik die boelies.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|