Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Jode het lankal die reg op hul beloofde land verloor
Jan 05 2009 05:54:57:397PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Dit lyk my Lindie de Lange van Phalaborwa kyk heeltemal te veel na die propaganda op CNN.

Die Jode mag miskien uit haar oogpunt God se volk wees, maar die laaste keer dat ek gekyk het, is Jesus Christus gebore en het dinge heelwat verander.

Die Jode het hul reg op hul land verloor in die Ou Testament al en het ná die Tweede Wêreldoorlog net eenvoudig na Palestina teruggegaan, hulself die land toegeëien met die hulp van die Verenigde Nasies en die VSA, en die Palestyne heeltemal van hul grond ontneem sonder enige insette van hulle af. Sou jy nie ook protesteer nie? Het jy selfs net probeer kyk na die vernietiging wat die Israeli’s in Palestina saai, hoeveel onskuldige kinders sterf of in die aakligste armoede moet leef?

Die mortieraanvalle van die Palestyne rig nie naastenby die skade aan wat jy glo nie en dit regverdig nie die geweld van Israel se kant af nie.

Ek sal my skaam as ek jy is dat ek sulke moord goedpraat.

Die Palestyne is nie terroriste nie, net mense wat veg vir hul bestaansreg in hul eie land!

  • Rene Rossouw, Doornpoort, Pretoria


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |