Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Ons het Suzman nie waardeer
As ’n senior oudpolisieman uit die vorige bedeling en met die gepaardgaande reuse-paradigma- sprong soveel jare later, dink ek nou nostalgies terug aan die era van die veteraanpolitikus mev. Helen Suzman. Sy het darem geweet hoe om die hele polisie op sy tone te hou. Tydens parlementsittings het Suzman die toenmalige minister van polisie deurlopend gepeper met sensitiewe vrae, soos die aantal sterfgevalle in polisieselle oor ’n gegewe tydperk, mense gedood deur die SAP tydens arrestasie en ander aktuele sake op die misdaadterrein. Dit het geweldige frustrasie veroorsaak om al dié inligting te bekom. Ons het Suzman gesien as ’n “pyn” sonder om die groot prentjie raak te sien: dat sy vir almal in hierdie mooi land van ons ’n plekkie in die son gegun het. Dis so jammer dat ons uit die ou bedeling nooit daar aan gedink het om vir haar dankie te sê nie vir wat sy vir ons land beteken het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|