Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Swak onderwysstelsel is nié apartheid se skuld
Jan 06 2009 06:13:12:030PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Ek was verstom oor Zelda Jongbloed se rasionele gimnastiek in die rubriek “Onderwyspyne: Onthou dié les” gister in Beeld.

Weer tokkel sy, ad infinitum, die ou, ou snaar. Bose apartheid is die kapstok waaraan alle mislukkings van die onderwys opgehang word. En almal wat dit ontken, is nare ou rassiste en “leedvermakerig”. (Onbevoegde, lui en ondergekwalifiseerde onderwysers speel natuurlik geen rol in die matriekuitslae nie, so ook nie die gebrekkige uitkomsgebaseerde kurrikulum nie.)

Nee, dis alles aparthe id se nalatenskap. En die alwyse ANC wil nie dieselfde foute as die ou NP maak nie. Daarom dat hulle waarskynlik so voortploeter. Ook die chaos in Mpumalanga se onderwysdepartement is seker apartheid se skuld.

Hierteenoor het André Gaum, en ek is geen imbongi van die man nie, in die artikel “Tyd vir ’n nuwe struggle” ’n veel meer gebalanseerde perspektief gegee. En hy is adjunkminister van onderwys van dieselfde party wat so lekker op die apartheid-ramkiekie met net een snaar speel.

Hy sê: “. . . daar is te veel skole waar daar nie sprake van onderwys van gehalte is nie.” En verder: “Daar is te veel skole waar onderwysers elke moontlike geleentheid gebruik om van die skool af weg te bly . . . Wat swak bestuur word en sonder geesdrif en visie aankarring.” Sela.

En waar sien ons dit? In die statistiek van skole se matriekuitslae. Die kinders wie se foto’s nou in die koerante was nadat die uitslae bekend gemaak is, het onder presies dieselfde stelsel as matrieks van alle rasse gepresteer. Totdat hulle probeer om toegang tot kursusse, koshuise en beurse te kry. Dan word apartheid vir hulle aktueel.

  • Marius Britz, Trichardt


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |