Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Deure oop sodat rowers kan sien
Jan 27 2009 07:04:29:050PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die afgelope 20 jaar werk ’n staatmaker-tuinier een dag per week vir ’n paar gesinne in ons buurt.

Victor.

Hy bly in Soshanguve so 45 km van ons af.

Jaarliks maak hy alles wat oorbodig by ons raak, bymekaar.

Net so voor Kersfees reël ons dan ’n trokkie wat dit vir hom na sy huis toe vat.

’n Mens ry so 10 km deur Soshanguve om by sy huis uit te kom. In die 1980’s het die meeste huise daar tuintjies, honde en veral hoenders gehad.

Laas Desember was iets ontnugterend. Diere was baie skaars. Om die ou dorpsgebied het ’n breë soom van ’n plakkerskamp gedy.

Victor verduidelik. Werklose tsotsi’s en vreemdelinge stroop hulle. Die skelms vergiftig hul honde en die makwerekwere eet hul diere.

Met enige hout word vuur gemaak. Kos is skaars. Jy kan niks plant of aanhou nie. Jy los jou hekke en deure oop sodat die rowers kan kom en gaan en sien jy’t niks.

Die 90% wettige plaaslike bevolking word in wese as gyselaar gehou. Onbeskermd, fatalisties.

Wat is die “Constitution”? vra hy.

  • N.M. Prinsloo, Montana


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |