Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Steun vir sonkrag
Prof. Vivian Alberts het 'n manier gevind om sonpanele te vervaardig wat sonenergie so goedkoop soos fossielbrandstowwe kan laat word. Dit is belangrik omdat fossielbrandstof soos olie, steenkool en gas besig is om op te raak. Volgens kenners is dit só ernstig dat die mensdom oor 50 jaar 'n era van energie-oorloë kan betree, tensy hy na hernieubare energiebronne oorskakel. Die nood is selfs groter. Uit navorsing wat pas gepubliseer is, blyk dat die verhitting van die aarde deur onder meer die gebruik van fossielbrandstowwe kan veroorsaak dat tot 'n miljoen spesies wêreldwyd uitsterf. Daaronder is byna twee derdes van die Krugerwildtuin se beskermde spesies. Dit maak die ontwikkeling van 'n hernieubare energiebron soos sonkrag des te dringender. Ter wille van Suid-Afrika en die wêreld verdien Alberts se projek alle steun wat dit moontlik kan kry.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|