Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Beelde van God
“Hulle was kerkmense totdat die dubbele tragedie hulle getref het . . .” ‘n Mens hoor nogal meermale van mense wat as gelowiges lewe totdat ’n krisis meebring dat hulle niks meer van God wil glo nie. Meestal, lyk dit my, is die groot oorsaak van so ’n afkeer ’n verdraaide beeld van God wat by mense posgevat het. Ek kan aan ten minste vier sulke gevaarlike waanbeelde oor God dink: “As jy nie glo nie,” word op goedkoop verkoopstrant bygevoeg, “sal slegte dinge jou tref.” Wanneer die lewe dan nie werk soos met hierdie verstaan van God geglo is nie, word God self verwerp. Dit is op die stadium te laat en te seer om ’n onderskeid tussen ’n valse godsbeeld en God self in te sien. Leiers moet verantwoordelikheid neem om teen valse afbeeldinge van God te waarsku wetende dat ons God nie anders as deur beelde (metafore) ken nie. Christene glo dat Christus vir ons die duidelikste beeld kom wys het: God is ook met ons in lyding. – Deur André van Niekerk
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|