Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


'n Woord onderweg: Hemels
Jul 06 2007 10:48:18:517PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die veelbesproke Sweedse rolprent As it is in heaven, maak nog steeds teatergangers se harte vol.

Die fliek tref al my vriende – die kerkgangers en die nie-kerkgangers. Is dit miskien ’n aanduiding van ’n sterk gemeenskaplike behoefte?

Ons verlang na ’n gemeenskap waarin ons net onsself kan wees, waar ons eie woorde heel kan word en ons nie nog meer pyn en skuld kry nie. Aan die teenkant kom die dirigent, Daniel Daréurs, ná ’n roemryke loopbaan as’t ware aarde toe. Daar is ’n sterk teenstelling tussen die konsertsale se swart aandpakke en die wit sneeulandskap rondom sy ou skooltjie wat hy as eenvoudige blyplek inrig. Dis hier waar hy as kind afgeknou is . . .

In sy eie gebrokenheid gee hy homself vir die eenvoudige dorpsmense as koorleier. Soos hul harte oopgaan vir die musiek, val hul maskers van voorgee af. Hulle erken die pyn wat vir lank onderdruk is. Daar vind konfrontasie plaas. Een ná die ander maak hulle vrede saam met hulle verlede, versoen hulself met wie hulle is en kry moed om na ’n egte wyse van leef te verander.

Anders as die koorleier is die dorpsdominee deur die preekstoel verhef. Hy kan van daar nie insien hoe die wettiese godsdiens sieldodend vir homself en ander geword het nie. Sy vrou sien die magsmisbruik raak: deur voortdurend skuld uit te deel, bly mense van kerklike verlossingsuitsprake afhanklik.

Tussen geldige besware en skinderstories kon hy nie onderskei nie. Die ergste is dat hy sy eie menslikheid ontken en hom van sy vrou vervreem. Die kunsmatige gemeenskap wat hy help vorm, het daarom geen moed teen onreg nie.

Soos Jesus se prentetaal help Kay Pollak se fliek mense om vormgodsdiens in te ruil vir die evangelie. Dis dié musiek van opofferende en waagmoedige liefde wat ons harte oop maak.

– Deur André van Niekerk


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |