Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Geloof en vroue
Die “Loftus vir Jesus”-saamtrek laat baie mense meer oor godsdiens as vroeër praat. My ervaring van dié gesprekke is dat godsdiens se historiese ontwikkeling afgeskeep word. Daarom is dit op Nasionale Vrouedag gepas om na te dink oor hoe vroue deur die eeue in die Christelike geloof beskou is. Hiervoor benut ek veral die teoloog Rosemary Ruether se interpretasie: ) Jesus Christus se kernboodskap was dat die “Koninkryk van God” naby gekom het. Vir die vroegste Christelike gemeenskappies beteken dit die “eindtyd”, waarin mans en vroue weer gelyk sou wees, het aangebreek. Vroue is as volwaardige mense gerespekteer. Paulus het dié vroeë geloofsgemeenskappe se doopformule gebruik. Daar is nie meer skeidinge tussen man en vrou nie, maar ook nie tussen Griek en Jood, slaaf en vryman vir dié wat “in Christus” is nie. Paulus gee aan vroueleiers, getroud of nie, erkenning. Omstandighede bring egter mee dat Paulus die klem op die “nog nie gerealiseerde”-eindtyd plaas wat die geslagsrolle betref en nie soos die vroegste gemeenskappies op die “reeds gerealiseerde” van die eindtyd nie. In die vroeë kerk bring Paulus se dubbele boodskap mee dat geslagsgelykheid in Christus vergeestelik is. In die kerklike en sosiale lewe se praktyk moes hulle aan mans onderdanig wees. Veral die skrywer van 1 Timoteus gaan uit sy pad om die vrou se onderdanigheid te legitimeer. Eeue lank sou die dubbele verwysing van “tweede geskape en eerste in sonde geval” vroue verontreg en die skeppingsboodskap verwring. In ’n ander ontwikkelingslyn van die vroeë kerk is vroue se gelykheid verswak deur die voorwaarde dat net vroue wat selibaat is, leiers in die kerk kon word. Wat leer ons hieruit? Dat daar verskillende ontwikkelinge was en dat ons die Heilige Gees nodig het om in te sien wat Jesus se boodskap oor die “Koninkryk van God” vandag vir geslagsgelykheid beteken. – Deur André van Niekerk
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|