Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


’n Skande
Nov 21 2008 06:39:20:743PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Sensuur het nie plek in die akademie nie. Ook nie op forums waar wetenskaplike navorsing bespreek en vir oordeel aan ander wetenskap?likes voorgelê word nie.

En sensuur het beslis nie plek wanneer dit kom by kwessies wat die gemeenskap se voortbestaan en gesondheid raak nie.

In die afwesigheid van sensuur kan ander wetenskaplikes dan oordeel of die gegewe navorsing behoorlik nagevors en deurdink is.

As dit dan in belang van die breër gemeenskap is, is daar eerder ’n verpligting dat dit gehoor móét word. Daarom is dit heeltemal onaanvaarbaar dat die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) een van sy voorste navorsers, dr. Anthony Turton, verbied het om ’n lesing oor skoon water in Suid-Afrika op die WNNR se eie beraad te hou – en hom toe geskors het.

Turton se “oortreding” was vermoedelik dat sy navorsing politieke implikasies het, onder meer vir die staat se Asgisa-ontwikkelings?program en die hantering van geweld teen vreemdelinge vroeër vanjaar – as die regering nie in armes se waterbehoeftes voorsien nie, sál sulke dinge gebeur.

Die klipharde werklikheid is dat Suid-Afrika te min water het, dat die bevolking groei en dat ons waterbronne reeds gevaarlik besoedel is.

Die regering het ’n verantwoordelikheid om oplossings vir dié situasie te vind; hopelik in samewerking met wetenskaplikes.

Om ’n besorgde en geloofwaardige kenner stil te maak gaan niks oplos nie.

Al bly hy so stil soos die graf, die besoedelde water kom nog altyd stroomaf . . .


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |