Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Woord onderweg: Twee liefdes
Nov 21 2008 06:46:47:163PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Jesus het God se wil saamgevat met die dubbele liefdesgebod: liefde vir God en liefde vir jou medemens.

Met die eerste gebod verskil min mense in Jesus se tyd van Hom. Met die tweede verskil heelwat omdat Jesus die twee liefdes so naby as moontlik aan mekaar stel: “En die tweede, wat hiermee gelykstaan, is ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’” (Mat 22:39).

As jy God sentraal in jou lewe stel, kan die behandeling van medemense geen randsaak meer wees nie. Geregtigheid teenoor mekaar, versoening met mekaar en eenheid onder mekaar is net soos eerbied vir God wesenlike sake van die Christelike geloof.

Die profete Jesaja en Amos waarsku dat God godsdienstige offers aan Hom verafsku as gelowiges in onreg jeens ander lewe.

In dieselfde trant maan Jesus dat ons eerder tyd vir versoening sal maak as om na ’n erediens toe te gaan (vergelyk Mattheus 5:23-24). Paulus skryf selfs in Romeine 13: 8-10 dat die hele wet van God saamgevat word in die liefde vir die medemens.

Johannes neem die saak nog verder: Die egtheid van ’n mens se liefde vir God word aan die egtheid van ons liefde teenoor mense getoets! Hoe kan iemand wat sy “broer” sien gebrek ly en geen simpatie het nie, die liefde van God hê? (1 Johannes 3 en 4).

Wanneer God van ons liefde vra, rig Hy ons op die skepping wat Hy liefhet. Die geloofsdenker Emil Brunner wys daarop dat niks wat God as diens aan Hom vra, nie ook terselftertyd diens aan die skepping en mense is nie. God is soos ’n ma wat vreugde put wanneer haar kinders vir mekaar omgee.

Deur die eeue is God meermale as lewensmiddelpunt verklaar om die verskraling van liefde teenoor medemense weg te steek. Wat ons aan ander doen of nalaat om te doen, toon of God werklik in die sentrum van ons lewe is. – Deur André van Niekerk


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |