Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Boesak
Dr. Allan Boesak se aansluiting by die pas gestigte Congress of the People (Cope) het dié nuwe party beslis momentum gegee. Boesak is, ten spyte van sy onlangse verlede, ’n gerekende swaargewig in die Suid-Afrikaanse politiek. Dit was geruime tyd reeds bekend dat hy ongelukkig is met die ANC; die party waar hy eens ’n politieke tuiste gehad het. Dat hy hom nou formeel by Cope aangesluit het, sê dat hy die soort vertroue en geloof wat hy eens in die ANC gehad het, nou na die nuwe groepering verskuif het. Dit sal gewis ’n uitwerking hê op die talle kiesers wat sy oordeel en leierskap steeds vertrou. Boesak het gister in sy toespraak op die Cope-?kongres na die tydperk voor 1994 verwys en daarmee sonder twyfel die destydse United Democratic Front (UDF) in die gesprek gebring. Hy was saam met mnr. Mosiuoa Lekota een van die leiers van daardie beweging wat baie gedoen het om juis dié waardes wat Cope vandag sê hy gaan nastreef, destyds in ons politiek te vestig. Dit is onder meer nie-rassigheid en beginselvaste en inklusiewe leierskap. Dit lyk of die UDF-invloed in Cope al hoe sterker na vore kom. Terselfdertyd is Boesak se sterkste politieke steunbasis die bruin bevolking in die Wes-Kaap. Soos dinge nou lyk, sal die ANC wys wees om daaraan te begin dink dat hy dalk beheer oor die Wes-Kaap en moontlik selfs die Noord-Kaap kan verloor. Maar die verkiesing is nog ver en baie kan gebeur . . .
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|