Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Geweld
Jan 06 2009 06:13:15:080PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die moord op mnr. Jimmy Mohlala, speaker van die Mbombela-munisipaliteit en ’n vooraanstaande ANC-politikus in die Nelspruit-omgewing, sal hopelik spoedig en deeglik ondersoek word.

Bevindinge behoort dan gou en doeltreffend bekend gemaak te word en as politieke optrede nodig sou wees (benewens strafregtelike optrede), moet dit ewe gou en deursigtig wees.

Suid-Afrika is aan die vooraand van ’n algemene verkiesing – en boonop een waarin daar dalk fel mededinging tussen die ANC en Cope gaan wees.

Die twee partye is nie een méér vatbaar vir geweld as enige ander politieke party in die land nie, maar dit is ’n werklikheid dat daar plek-plek baie emosie betrokke kan wees waar hulle teen mekaar te staan kom.

Intussen het ANC-politici ongelukkig reeds ’n konteks rondom dié tweestryd geskep wat vatbaar vir verkeerde interpretasie kan wees.

Dit is gedoen deurdat opponente onder meer beledigende name soos “slange” genoem is, terwyl iemand soos mnr. Julius Malema van die ANC-jeugliga verklaar het hy is bereid om “dood te maak” vir mnr. Jacob Zuma, die ANC se leier. Malema is nooit behoorlik tereggewys nie.

Die kans is goed dat die moord op Mohlala niks nie of bitter min met die komende verkiesing te doen het. Maar moorde op politici kan katalisators vir geweld wees. Die enigste teenvoeter is ’n behoorlike en spoedige ondersoek – wat dan helder gekommunikeer word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |