Beeld-deurloop: What is it with some of you people?
Oct 26 2006 07:32:16:310PM - (SA)
Dana Snyman
What is it with some of you people, hey? Tell me.
Yes, yes, I’m talking to you English-speaking South Africans that refuse to speak any other language than your own. Most of you know some Afrikaans people – people like me. You grew up in the same country with us, work for the same companies as us, do business with us, support the same rugby teams as us. Most of you even had Afrikaans as a subject at school.
But, oh, no, you never speak – or even try to – speak Afrikaans. It is always us that must speak English to you. Why are you like that, hey?
Tell me how can a person that was born in this country, that went to school and university here, and lived his whole life here in South Africa, still only speak one language: English?
Lets face it: My English is bad. I grew up in Daniëlskuil, a dorpie in the Northern Cape. There were no English speaking people living there. In Daniëlskuil, even the dogs barked in Afrikaans.
By the age of six I knew only three English words: Ford, Chev and Mobil.
I was about nine years old when I heard a person speaking English for the first time. It was in die drive-in cinema in Kimberley. We went there with our Valiant to watch the Afrikaans movie, Die Kwikstertjie. But while the movie was on, the projector broke, and all of a sudden the screen was dark. And then the drive-in manager’s voice came over the loudspeaker. He said: “Baie jammer, dames en here. I’m very sorry for this short interuption, but we are working on the problem. Just please be patient.” That was the first propper English sentence I heard in my life.
I got a D for English in matric, and I will never know how to split an infinitive. But you know what? I speak my sad, lendelam English when it is required of me because I believe in basic human decency. I go into this shop and there will be a twenty year old guy called Brett or Craig behind the counter. He will have a pair of dark glasses on his forehead, and will probably have an Afrikaans girlfriend that speaks only English to him as well, just like me.
I will drink beer in blikkies with only English labels on them and listen to the bad English of Afrikaanse lugwaardinne on SAA flights.
But English is like a cage for me. Or as we say in Afrikaans: “ ’n hok”. Engels is ’n flippen hok vir my. For a lot of people in this country English is a cage. You must know that.
Yes, English is also the language of professional opportunities, but the language of the Johannesburg Stock Exchange is not the same as the language of the heart.
Some of you English people and your unfunny DJs on your radio stations constantly make jokes about us Afrikaans people and the way we talk English. And, yes, I guess my way of talking English must be very funny for a fundamentally arrogant English person. Do you think your are supperior to us – not only us Afrikaans people, also the people of the other language groups of this country? Because you don’t speak Xhosa, Zulu, Tswana or Venda either.
You think you are the only ones out there, hey?
What is wrong with some of your English people, hey? Tell me. Mpolelle, madoda. Kanti, ngikutshelile. Sê my.
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|
| |
|
Afrikaans for English Dummies, 27/10/2006, Jack Krause
Ek stem saam met die skrywer, "whats up Doc" met die Engelse Brakke wat nie in Afrikaans meer wil blaf nie - Foei.!
It is a disgrace that you English folks taken as part of the Afrikaner community - won't make it your second language or even make an attempt to vocalize the sweet sound of Afrikaans - Shame on you.!
Through your ignorance of not attempting to familiarize yourselves with this language - you demonstrate what has been the pondered factor for many decades in South African society - You never actually wanted to be part of the Afrikaner establishment and abhore the Afrikaners.!
Maybe its beter that you keep to your Saxon taal - you would only further contaminate a precious Afrikaner commodity - Ons Taal.!
|
|
Beeld deurloop, 27/10/2006, Michelle
Mooi skoot Dana! Maar, net 'n klip in die bos... Ons wil ons taal en kultuur met trots uitleef... Hoeveel 5-jariges ken die storie van Dirkie Uys, Rageltjie de Beer, en Oom Paul wat op 10 (ek dink?) 'n leeu geskiet het? Ons kan nie oppervlakkige trots kweek nie. Leer ons kinders hulle eie geskiedenis, hou op wag dat die skool dit moet doen! As ons, ons kinders hulle kultuur (nie vloek, bier en braai nie!) leer; hulle wys hoe hulle grootouers uit konsentrasiekampe opgestaan en 'n land help bou het; hulle wys waarop hulle kan trots wees... Dan, en dan alleen sal Afrikaans altyd sterk staan! Ek is Afrikaans. My oupagrootjie het in die Boereoorlog geveg, my oupa in die Tweede wêreldoorlog, my ouma het 8 kinders in armmoede groot gemaak, en al 8 het 'n graad of 2 agter hulle name gehad. Droogte, griep, depressie, en onderdrukking kon hulle nie onderkry nie. Ons het elemente van "swakgehalte" in ons volk, net soos enige ander volk! Die tyd het bloot gekom dat ons die koring van die kaf skei, en vooruitgaan. Ons kon nog altyd, en sal altyd. Die ware Afrikaner het ruggraat, wilskrag, selfrespek en nasietrots. Die ware Afrikaner sal die wa weer deur die drif trek. Ons moet ophou om geintimideerd te voel deur al wat leef en beef. Ons moet ophou askies, en jammer ek leef te wees. Komaan! Lig op julle koppe, en leef! Sing Afrikaans, praat Afrikaans, wat maak dit saak as jy 'n antwoord in engels kry? JY moet immers JOU taal praat. Ons het soveel om op trots te wees, hou op om stof-happertjies te wees! LEEF mense. LEEF!
PS. Ek is nie 'n verstokte 80-jarige nie, ek is jonk genoeg om moed te hê en oud genoeg om te weet wat ons te doen staan...
|
|
Beeld deurloop, 27/10/2006, Dawn
Wel gedaan Dana. Oor die algemeen voel Engels sprekendes dat Afrikaans 'n sogenaamde derde wereld Taal is!!!!
|
|
Dana se kommentaar, 27/10/2006, Minx Osborn
Dana, 10 uit 10!! Ek is self 'n redaktrise van verskeie 'engelse' tydskrifte, en moet heeltyd met mense in engels kommunikeer. Ek weet van geen taal ter wêreld wat beter beskrywend is as Afrikaans nie!! Vertaal in engels: "Sy hare staan soos hare in 'n bang hond se g*t!" Ek is 'n trotse Afrikaans Afrikaner !
|
|
Beeld deurloop - Dana Snyman, 27/10/2006, Hettie
Glo my, dis 'n neiging wereldwyd dat Engels sprekende mense verhewe voel en laat optree teenoor ander nasies. Ek het 'n paar jaar in Suid Korea gebly en die Afrikaans sprekendes doen moeite om die gasheer land se taal aan te leer wat nie die geval is met die Engels sprekende mense nie. 'n Mens het mos respek vir elke taal wat deur soveel prosesse gegaan het om te ontwikkel tot volwaardige taal. Al is dit net om die mense beleefd in hul eie taal te groet! Ek's trots op my mede Afrikaans sprekendes! Ons is tweetalig en in meeste gevalle ook meertalig. Ek studeer BA Tale en praat 4 tale. Elke nasie met sy taal het 'n reg op erkenning. Wanneer ek Afrikaans oorsee gepraat het was die mense beindruk en het aandagtig na ons klanke geluister. Eentaligheid is uit en meertaligheid in! Ek geniet my steeds ontwikkelende taal.
|
|
GET A LIFE, 27/10/2006, Jack van Staden
VEE VOOR JOU EIE DEUR VOOR JY DIE ENGELSE AFKRAAK.
|
|
Beeld Deurloop, 27/10/2006, Arjen Plas
Ek kan nie Afrikaans spreek nie, maar ek spreek Nederlands, Duits en Engels. Ek lees die Beeld om te kry een idee wat gebeur in SA. My verloofde is Zoeloe en ek het een CD gekoop om die taal te leer. Ek woon in Engeland, werk vir een Duitse bedrijf en het lyk vir my dat die Engelander nie WIL een ander taal leer nie. "Te moeilik". My Afrikaans is probably atrocious, but at least I try. I found that if Afrikaners speak slow and I speak Dutch slow, ons kan ons verstaan. Being Bi- or Trilingual is a precious thing. Maar vergeet nie jy "roots" nie!
|
|
Dana en die Ingelse, 27/10/2006, Werner Pereira
Dana, jy verwoord 'n hele nasie se gevoelens. Knap gedaan!
|
|
DANA vir President!, 27/10/2006, Francois Rauch
Thanks Dana, we are trying our best but no one listens!!! Ons vra mos nie almal om taalpuriste te wees nie, nee man probeer darem net. I is afterall trying. Ek dink nie Ingils is die hemelse taal nie (vra maar vir die Franse) daar kan jy ten minste in Afrikaans probeer verduidelik. Die arrogansie van die besigheidswêreld wat slegs in Engels wil kommunikeer terwyl ek vra om in Afrikaans bedien te word, is onaanvaarbaar. Thank you again Dana I is proud to be 'n Afrikaanse Afrikaan.
|
|
What is it with some of you people, 27/10/2006, Kobus Delport, 27/10/2006, Reg, Pretoria
OK Dana, I'll give this a go in Afrikaans....Dit is vir my verbasend hoe dit vir (party) Afrikaners glad nie gesteur het nie toe Afrikaans vir veertig jaar aan ander afgedwing is nie. Miskien sou dit makliker gaan as die aggressievlakke wat deur party Afrikaners afgegee word (soos om t-hemde te dra wat se "praat Afrikaans of hou jou bek") minder na vore kom? As 'n Engelssprekende wat in Pretoria grootgeword het, beskou ek myself as deels Afrikaans, deel van die gasvrye Afrikaner, die wonderlike humor en die nuwe "kool" om Afrikaans/Suid-Afrikaans te wees. Maar... ek is gatvol vir die aggressiewe Afrikaner, die Afrikaner wat in sy groot Pajero rondry en elke lang naweek gaan jag en 'n goeie lewe geniet, maar ten spyte daarvan, hou hy aan kerm oor hoe erg alles is en hoe "hulle" 'n gemors maak van die land. Miskien wil mense nie Afrikaans praat omdat hulle voel dat daar 'n groot gedeelte van die Afrikaners is vat hulle taal gebruik as 'n aggressiewe, eksklusiewe manier om konstant uit te wys hoe erg dinge in Suid Afrika is en hoe, al die antwoorde op al die probleme in Afrikaans te vinde is, en direk as gevolg van ander se optrede is.
Ek hoop dat my Afrikaans aanvaarbaar is tot hiertoe, maar vergewe my as ek my verder uitspreek in Engels.
As someone who is involved in the building industry I constantly encounter Afrikaans developers that exude aggression in the way that they do business, they believe that the only good business is tough business. This is a trait that is far more prevalent than in other business people that I deal with, that are not Afrikaans (I don't know what it's like in other industries), but for some reason Afikaners just seem more aggressive as a culture. Finally, I think it's a pity that Afrikaans is excluding itself in many arena's by largely being represented by people that still feel that they have been wronged. On the other hand I watch programs on TV like 'GROEN' (I don't know what the presenters name is), but his use of the language is exquisite, and is one of the reasons why I insist that my kids learn Afrikaans, speak Afrikaans and enjoy the privilege of understanding one of the most nuance filled and descriptive languages on the planet. Afrikaners need to relax a little, some of you see yourselves as "the Jews" of Africa constantly being wronged by others, (and, no Im not anti Semitic), we wish that you would play to the strengths of the entire culture, instead of feeding off the melancholy of apartheids terrible legacy (but then again what you would do with your spare time if you didn't have to feed your persecution complex?). Your youth are doing an excellent job of ensuring Afrikaans's survival, don't turn it into a martial language and continue, in many cases to use it as a blunt weapon.
Ek wens julle alle sterkte toe met beide jou taal en kultuur.
Reg, Pretoria
|
|
Engels, 27/10/2006, Paul
Hoe lees daardie t-hemp wat so nou en dan gesien word: "Praat Afrikaans of hou jou b.." Hoekom moet ons altyd 'n ander taal praat? As ek in 'n winkel inloop begin ek altyd in Afrikaans en as die persoon se dat hy/sy net Engels praat, dan gee ek nie meer bes nie. Hulle gaan soek iemand of ek loop en koop elders.
|
|
Die ware waarde van tweetaligheid, 27/10/2006, Izak Scheuer
Al die kommentaar laat my besef dat die skeiding tussen Afrikaans- en Enggelssprekendes in Suid-Africa nog steeds teenwoordig is. Daar is nie versoening na soveel jare tussen die twee tale nie. Soos regdeur die hele wêreld, sal Engels neerkyk op ander tale. Omrede hulle "verhewe" voel oor ander nasies en die ding kom al baie, baie ver terug uit die verlede. Hoe ook al, as Afr.Eng.Frans sprekende, met n kind van 5 wat die drie tale volkome magtig is, net die kommentaar - hoe meer tale jy magtig is, hoe slimmer is jy en hoe sterker is jy. Wat noem jy 'n persoon wat 2 tale magtig is? Tweetalig. En wat noem jy 'n persoon wat net een taal magtig is?
Engelsman natuurlik !!
Ek woon al 17 jaar in die buiteland (Amerika & Europa) en weet een ding duidelik. Enige taal wat jy kan praat is 'n diamand in jou lewe en dit sit jou in 'n sterker posisie as jou Engelse landgenoot. So voel trots as jy 2 of 3 tale kan praat.Die meeste swart mense in SA praat hul eie taal + Afr. en Eng. So leer van hulle en leer die tale en word meer magtig.
|
|
What is it?, 27/10/2006, Leo Jacobs
Dana, jou ou doring! Kan ons nie die artikel op 'n manier onder alle Afrikaners se aandag bring nie? Veral hulle wie se kinders in Engelse skole is. Aan "Soutie" net dit: Moenie skaam wees vir jou naam nie.
|
|
ENGELS, 27/10/2006, Linda Duits
Ek is Engelssprekend en met 'n Afrikaner getroud so ook is al my dogters. Ons is almal baie goed tweetalig en so ook my kleinkinders. Dana, jy kla oor die Englese maar ek sal jou een ding sê ek het al Afrikaanssprekende mense gekry wat weier om Engels te praat. Mense het al vir my gelag as ek miskien 'n fout gemaak het as ek Afrikaans praat, maar as jy hulle reghelp as hulle Engels praat dan word hulle kwaad en ek ken baie Engelse mense wat dieselfde ondervind. Dit werk altwee kante toe. Ek vrek oor boeremusiek en is mal oor Afrikaanse liedjies.
|
|
Beeld - Dana Snyman - Afrikaans, 27/10/2006, Andrew Schaffner
Ek het baie jare gelede al(as Engelssprekende het ek in Swaziland grootgeword en kon ook nie veel Afrikaans verstaan of praat toe ek as 8-jarige in 1969 Vereeniging toe verhuis het nie) die grootste waardering vir Afrikaans ontwikkel, en ek geniet dit al hoe meer soos ek ouer word, grootliks as gevolg van die swak gebruik van Engels op (ANC) SAUK-uitsaaidienste. Wat my pla is dat sommige van die Afrikaanse media die taal misbruik deur baie Engelse woorde in sinne te gebruik, dit lyk vir my dit word al hoe meer algemeen .
|
|
Beeld deurloop, 27/10/2006, Juanita
Met alle respek "soutie" (verw kommentaar), "Waar kom jy vandaan?" - Afrikaans in julle kele afgedruk? Excuse me, maar in my dae (en daar was al 'n hele paar van hulle), was Engels en Afrikaans verpligtend op skool. Nie een van ons het 'n "chip" op ons skouers oorgehou oor ons van "is" en "are" moes leer nie. So waarvandaan nou die snedige aanmerkings??? Typical! Presies die punt wat Dana in sy rubriek probeer maak. Wel gedaan Dana!
|
|
Dana Snyman, 27/10/2006, Marinda
Wonderlik, geeneen kon dit beter gedoen het nie. Afrikaans is ons moedertaal en ons moet trots daarop wees ek is ook een van die wat moeg is vir Engels ... en die Engelse. Dring aan op AFRIKAANS!!!!!
|
|
Beeld deurloop - Dana Snyman, 27/10/2006, Yolandi Coetzee
As 'n mens nie Engels met die mense praat nie word jy geïgnoreer en skouers opgetrek en gesê sorry I don't understand/speak Afrikaans". Nou ja, ek doen nou presies dieselfde - as iemand nie met my Afrikaans kan praat nie trek ek ook net my skouers op en sê, "Jammer ek verstaan nie Engels nie"! EK IS TROTS OP MY TAAL - AFRIKAANS !!!!
|
|
Beeld deurloop, 27/10/2006, Tania Schnetler
Ek is nou 2 weke lank al in Spanje, miskien vir 9 maande lank hier. Die Spanjaarde praat omtrent geen Engels nie, dus MOES ek vinnig leer Spaans praat. Dis nog net twee weke, maar ek kan myself duidelik maak in die winkels en ek probeer darem. Terloops, ek praat ook Zoeloe, alhoewel nie met die regte egte sinstruktuur nie (graad 8 geleer). In Suid-Afrika is ek baie male in Engels deur Afrikaanssprekendes gehelp in die winkels! Praat maar eers Afrikaans sussie en dan as die mens Engels is kan jy oorslaan na Engels. Terloops, die buitelanders is gek na die klank van Afrikaans.
|
|
Alles Engels, 27/10/2006, C Klopper
Ek wonder hoe dit sou gegaan het as alle Vendas, Zoeloes, Tswanas ens. daarop aangedring het om in hul moedertaal bedien te word.
|
|
Beeld deurloop - Dana, 27/10/2006, Johan
Mooi so Dana - inteendeel skitterend. Hierdie artikel moet nou ook in 'n Engelse koerant geplaas word. Hierdie Engelse lees nie Beeld nie.
Ek het ook al duisende kere die vraag gevra: "Hoe kan 'n Engelssprekende wat Afrikaans as verpligte vak geneem het op skool (as tweede taal), nie eers basiese Afrikaans praat nie?" Meeste Engelse het eenvoudig 'n slapgat houding. Of is hulle skole dalk onder standaard? Die sg "top private skole" soos Hilton College lewer dan produkte op soos Joel Stransky wat skaars Afrikaans kan praat! Wonder in watter skool was Gareth Cliff (as hy in 'n skool was!)
My vrou vatikaki daaroor. Die DA het haar eenkeer gebel voor 'n verkiesing en die persoon het net Engels gepraat. Sy het gesê sy is Afrikaans en die persoon moet Afrikaans praat. Tien minute later toe bel 'n Afrikaanssprekende lid van die DA!!
En terloops Soutie, ek lees elke dag ook 'n Engelse koerant.
|
|
Die mense wat net Brits praat., 27/10/2006, Piet
Goed gesê Dana. Hier waar ek in Londen sit kan ek seker nie kla as die meerderheid van die mense die taal praat nie. Wat wel baie interessant is, is dat dieselfde Brett en Craig was hierheen gevlieg het op sy 'Ancestral Visa', gereeld met mekaar begin Afrikaans praat, want skieliek is dit al manier waarmee hulle hulself van die massas kan skei. Dalk moet ons al die Brette en Craigs 'huis'toe stuur om 'n waardering vir ons taal te kom kry.
|
|
Dana, 27/10/2006, Marius Stumke
Word ek nou sommer trots op die feit dat ek Afrikaans is. Ek het nie 'n probleem met ander tale nie, het Afrikaans grootgeword met Engels as tweede taal. Deesdae is alles Engels, hoe gaan die gedig ... Engels Engels alles Engels, in ons huise, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor, en wat daarop volg. My probleem is dat hulle "anderstaliges" gebruik op SABC se nuus. Is daar nie Afrikaanse mense wat Afrikaans kan praat as dit Afrikaans moet wees nie. Dit klink "verkragtend" as 'n Engelsman of Zoeloe of wat ook al my taal gebruik op nasionale TV.
In elk geval , dankie Dana.
Marius
|
|
Dana en die Brits - 27 Oktober 2006, 27/10/2006, Gerrie
Dana, baie dankie hiervoor. Iemand het uiteindelik gesê wat lankal gesê moes wees. Ek dink ook Beeld-deurloop is 'n uitstekende forum om dit in te doen. Afrikaners is ordentlik wanneer dit by taal kom. Wat my altyd opval is dat Afrikaners bereid is om Engels te praat as die omstandighede dit vereis. Hoe krom dit ookal uitkom. Dieselfde kan egter nie van ons Engelssprekende landgenote gesê word nie. Hoekom moet vergaderings in Engels gedoen word as daar net een Engelssprekende persoon om die tafel is. Dit skreeu ten hemele. Ek werk tans op 'n projek in Australie en daar is geluide gemaak, vanuit ons eie geledere, dat ons asb. in die kantoor moet Engels besig want die Aussies kan dalk dink ons skinder van hulle. Nodeloos om te sê hy kon dit net sowel vir die bome gesê het. Ons praat ons Taal met mekaar. Ek is trots op my kollegas.
|
|
beeld deurloop, 27/10/2006, Katryn
Uitstekend, dankie, dankie, dankie.
Kom ons begin aandring om in Afrikaans bedien te word en weier diens in Engels. Dalk sal maatskappye tweetalige personeel aanstel, eerder as om te moet deure sluit a.g.v. verlore klante.
|
|
Beels Deurloop, 27/10/2006, Werner
Baie goed geskryf, en as 'n ou wat 'n Engelse seun grootmaak kan ek soms net my kop skud hoe ons Afrikaners net outomaties begin Engels praat.
Net een vragie, hoeveel van ons kan Zoeloe praat?
|
|
Beeld deurloop, 27/10/2006, Juliana Erasmus
Ek stem een honderd persent saam. Ek is ook 'n trotse Afrikaner wat trots is op my taal. Ek raak ook geïrriteerd wanneer ek verplig word om slegs in Engels te praat. Ek is wel indiens van 'n internasionale firma en ek praat hoofsaaklik Engels binne werkstyd, maar my taal verruil ek vir niks en niemand. Wat wel vir my baie ontstellend is, is die feit dat Provinsiale Hospitale en klinieke gebruik maak van ingevoerde dokters, sommige van hulle se Engels is baie gebroke en daar is baie Afrikaners wat nie baie goed in Engels kan kommunikeer nie. Hoe word daar 'n behoorlike diagnose gemaak? Ek dank die Vader dat ek my kinders na Afrikaanse skole kon stuur en ek dank die Vader dat hulle almal reeds volwassenes is.
|
|
Beeld Deurloop, 27/10/2006, Chris
Dankie Dana. Uiteindelik iemand wat opstaan en sy mond oopmaak oor die beterwetige Engelse. Jy is reg, en wat nog meer is, baie van die persone se een ouer is ook nog Afrikaans, maar die kinders dink dat dit vreeslik in is om Engels te praat. Maar ons as Afrikaners word gedwing en forseer om Engels te praat. Dit het tyd geword dat ons as Afrikaners ons voet neersit en sê genoeg is genoeg, ek praat Afrikaans, en as die Engelse nie daarvan hou nie, dan is dit maar so. Afrikaans is immers volgens my, die mooiste taal in ons land. So, all the English speaking people you must start to speak Afrikaans. Why must we always speak and do things your way, you are not the superior race. All people ar equal...
|
|
What is it with some of you people?, 27/10/2006, Richardt Brett
I am English. Maar my Afrikaans is net so goed as wat my Engels is! I am proud of it. Ek is trots daarop. About English speaking people that don't want to speak or learn to speak Afrikaans, I can only say this: "Niemand is so onwillig as hy wat nie wil nie." Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. I you really want to, you will ! Being able to speak Afrikaans, het 'n nuwe wêreld vir my oopgemaak.
|
|
Beeld deurloop - Dana Snyman, 27/10/2006, Buks Horn
Mooi so ou Dana!!! Weet jy wat p... my af. Die o so grend Afrikaans/Engelssprekende wat met geradbraakte Engels my probeer imponeer en dan hou vir hou oorslaan na hulle Moedertaal nl. Afrikaans sodra besef word dat hierdie baar Boertjie beter Engels as hy of sy kan praat. "Speaks Afikens men" Leaves die Rooitaal vir hulle wat kan!!!
|
|
Beeld deurloop, 27/10/2006, Soutie
Die Afrikaner het dit op hulself gebring. Afrikaans was in ons keel afgedruk in die skool, in die weermag
en by die werk.
Nou is dit julle beurt.
Wanneer laas het julle 'n Engels koerant gelees?
|
|
INGELS, 27/10/2006, RUDOLF VAN RENSBURG
Ek sal baie graag die artikel wil vat, mooi opvou ek ewe mooi in Gareth Cliff se g*t wil druk terwyl die papier nog warm is!
|
|
Beeld deurloop, 27/10/2006, Des
10 uit 10, briljant, uitstekend, goed gedoen, wat kan 'n mens meer sê. Dankie dat daar nog Afrikaners is wat voel soos die meeste van ons, ek weier om Engels te praat tensy dit 'n pommie van "over the seas" is, ek praat my taal waar ek kom en as die klerk aan die ander kant vir my sê "excuse me I don't understand" dan moet hy/sy maar vir my iemand roep wat my kan verstaan, ek praat Afrikaans met my Engelse kollegas en hulle respekteer my vir dit, waarvoor ek dankie sê en gepraat van 'n gespottery van die dj's, Jeremy Mansfield is lief om dit te doen, miskien moet hy na sommige Engelsmanne kyk en dan sal hy 'n boek kan skryf. Afrikaans bo, ek is trots om Afrikaans te kan praat, ek dink die Engelse wat nie Afrikaans praat nie is dalk ongeletterd, wie weet!!
|
|
Engels, 27/10/2006, David
Dana , jy het dit so reg as wat reg kan wees. Dis sommer befonk om te sien jy is net so gatvol soos baie Afrikaners. As daar iets fout is in die land is dit die Afrikaner se skuld, maar as daar Afrikaans gepraat moet word pleit almal hulle "ken nie die taal nie". Ek en my vrou is nou al so dat dit maak nie saak waar ons is of watter instansie ons kontak nie, ons dring aan op Afrikaans. Sekerlik is daar iemand wat Afrikaans praat en as daar nie is nie wys dit net hoe daar teen Afrikaanssprekende mense gediskrimineer word. Dis tyd dat mense opstaan vir die mooiste taal -- LANK LEWE AFRIKAANS....
|
|
Beeld deurloop-D ana Snyman,, 27/10/2006, Gerhardt Smit
Dana, jou doring! As 'n Afrikaanssprekende, tydelik in Berlyn, kan ek die volgende byvoeg tot jou klippie in die skoen: Die Engelsman het nog steeds die houding van verhewendheid teenoor die Duitser. Dit kom uit in neerhalende "grappies", wat net vir hulle snaaks is, onwilligweid om Duits te leer, en selfs hulle eie skole te stig. Ons hoef dus nie so sleg te voel nie, dit lyk vir my al meer en meer na 'n Engelse gebrek.
|
|
Engels is hok vir Engelse, 27/10/2006, JG Viljoen
My oupa het altyd maar Afrikaans gepraat op die telefoon. Hy het gese: "I vorstaan wis redtale not lekker". Die probleem is dat hy dit wel verstaan het en kon praat, maar dat dit ook vir hom 'n hok was.
Hy kon wel Zoeloe vlot praat en ons bediende het altyd gese hoe mooi hy praat. Die tuinwerkers ook. Die insig wat hy gehad het was dat al die kulture, tradisies en tale wat nie van Engeland af is nie, gely het onder hulle invloed.
Of dit nou die Anglo-Boere Oorlog of die Anglo-Zoeloe Oorlog was, regeringsbeleide van verengelsing of wette; as jy Engels was, was jy outomaties royalty in Suid-Afrika.
Die Engelse spot maar net met ons, want hulle is te bang om die ander volke te bespot. Dit sal polities onkorrek wees... al is hulle nou groot liberale mense...
Ek moet bysê dat ek 'n hele paar Engelse vriende het. Hulle oë is egter oop!
|
|
Beeld deurloop ...., 27/10/2006, Pierre
Dana: Uitstekend, kon dit nie beter gese het nie. Ja ons klink sekerlik nie altyd wat wonders nie, maar laat ek jou se: ONS PROBEER DAREM. Hulle plaas hulself op n troon, maar ons weet watse troon dit is: Die wit stoel.
Dankie vir mense soos jy wat opkom vir dit waarin jy glo. Hulle mag ons dalk in konsentrasiekampe gehou het, maar die ware Afrikaner se siel sal altyd vry wees.
|
|
What is it with some of you people - Dana Snyman, 27/10/2006, Heleen
Ag nee man Dana, "propper" word met een p gespel.
|
|
Engels, 27/10/2006, Stem saam
Wat jy hier geskryf het is so waar. Daar word altyd van Afrikaanssprekendes verwag om Engels te praat waar hulle ookal gaan, al is die Afrikaners in die meerderheid. Kom jy by 'n restaurant, verstaan en praat die kelner net Engels, en jy wat die klient is, en van wie daar 'n reuse fooi verwag word, moet maar 'uhm' en 'ah' om al die Engelse woorde reg uit te spreek. Kom jy in 'n winkel, help die assistente jou net in Engels. Bel jy enige finansiele instansie of besigheid met 'n navraag, word jy slegs in Engels gehelp. Woon jy 'n seminaar by, en daar is een Engelse persoon, (wat nog laat kom ook) word die aanbieding in Engels gedoen. Woon jy klasse by die Universiteit by, by 'n Afrikaanse dosent en een student maak asof hy nie Afrikaans verstaan nie, word die klas in Engels aangebied. Kuier jy by Afrikaanse familie of vriende en daar is een Engelse aanhangsel, moet almal na Engels toe oorslaan. Dieselfde gebeur ongelukkig nie andersom nie. Ons Afrikaanssprekendes moet begin staan op ons regte. Gee geen fooi vir 'n Engelse kelner, weier om Engelse gesprekke te voer met vriende en weier om besigheid te doen met mense wat op Engels aandring. Ongelukkig gaan ons dan nooit telefonies of by finansiele instellings gehelp kan word nie. Ons bly die verle?arty daar. Die ergste is dat sommige mense wat juis so Engels blyk te wees, soms nie eens 'n ordentlike Engels magtig is nie.
|
|
What is it with some of you people, 27/10/2006, Kobus Delport
Dankie Dana. Baie dankie. Ek is so bly 'n AFRIKAANSSPREKENDE het uiteindelik sy mond oopgemaak oor die saak. Dit lyk vir my of die Engelse baie onbeskof is teenoor die "mindere" taal. Gestel jy is 9 Afrikaanssprekendes en 1 Engelssprekende in 'n geselskap sal die Afrikaanssprekendes engels praat net om die 1 Engelsman te akkomodeer. Seker maar goeie maniere van ons Afrikaanssprekendes. Nog 'n ding wat my vreeslik onstel is dat jy by enige oproepsentrum (call centre) kan kies om in jou taal gehelp te word, maar direk daarna word gese dat jy moontlik net in Engels gehelp kan word... Hoekom gee jy my dan die opsie om te kan kies? Dieselfde geld vir die diens in enige winkelgroep. Ek laat nie vir my vertel dat die mense wat jou moet help nie Afrikaans kan praat nie. Die derde ding wat my vreeslik grief is dat "volbloed Afrikaners" hul kinders na Engelse skole stuur omdat dit die taal van die toekoms en die wereld is. Snert man. Jy kry net so 'n goeie opvoedding in Engels al is dit 'n tweede taal. Hoeveel trots het jy vir Afrikaans as jy jou kinders Engels grootmaak?
|
|
Beeld deurloop-Dana Snyman, 27/10/2006, Pieter Swart
Plaas die artikel in ons Engelse koerante...vertel hul Dana vertel hul!
|
|
Beeld deurloop ...., 27/10/2006, Wilma
10 uit 10 vir Dana. Hy kon nie die spyker meer sekuur op die kop geslaan het nie. Ek is 'n troste AFRIKANER, trots op my taal, en basta met die res...
|
|
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
|
|