Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Godsdiens-aktueel: Kerk lank reeds meer nie gebou
Mar 02 2008 06:37:58:630PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

I emand vra onlangs vir ’n vriend van my waar’s een of ander kerk.

“Sien jy die dame wat daar anderkant in die koffiewinkel sit?” sê hy. “Sy’s ’n volgeling van Jesus. As jy die kerk soek, gaan praat dadelik met haar!”

Aangrypend!

Te veel mense se eerste assosiasie met die woord “kerk” is met kerkgeboue; nie met diegene in daardie geboue nie.

Ek’s nie teen kerkgeboue nie.

Allermins. Ek preek graag in plekke soos Kempton-Kruin, Faerie Glen, Moreletapark en Mosaiek. En ek moet sê, daardie klipkapel by Mosaïek in Fairland waar stiltedienste deur die loop van die week plaasvind, ontlok elke keer diep belewenisse van God se teenwoordigheid in my.

Maar ek weet kerkgeboue is niks heiliger as enige ander plekke nie. Nogtans hoor ek steeds hoe mense praat van kerkgeboue as die huis van die Here, al trek Jesus en Paulus ’n groot streep daardeur.

In Johannes 2 en 4 het Jesus aardse heilige plekke finaal oorbodig verklaar. Op sy beurt skryf Paulus drie keer in die Korintiërbriewe dat God nie in statiese geboue van klip en steen woon nie, maar in menslike tempels.

Volgelinge van Christus is nou sy aardse adres. God is nie staties en gebougebonde nie, maar dinamies. Hy is aan die beweeg.

Daarom dat mense wat Jesus volg sy heelltydse nuwe adres is.

Kerkgeboue se funksie is om Sondae, wanneer die lewende huise van die Here daar besoek aflê, in simfoniesale te verander waar God geloof word. Dit moet dan gimnasiums wees waar mense se geloof sterk gemaak word. En dit moet ook as hospitale dien waar beseerdes se wonde deur die Gees en die Woord verbind word.

Maar kerkwees hou volstoom aan wanneer gelowiges gedurende die week in die Here se diens staan op elke plek waar hulle hulself bevind. Alle gelowiges is immers heelltydse geroepenes in die Here se aktiewe diens.

Die meetinstrument vir egte lewe in die kerk is nie geleë in die getal programme of aksies wat gemeentes aanbied om nog meer mense op hul perseel te kry nie, maar eerder in die vraag of diegene wat al hierdie aktiwiteite bywoon, bedienings van hul eie het.

Bedoelende, hoeveel kerkgangers is deurlopend betrokke by verhoudingsgedrewe aksies (wat nie noodwendig deur ’n leraar of kerkraad beheer word nie!), soos byvoorbeeld die versorging van armes en die ondersteuning van eensames, siekes, straatkinders, jong mense, bejaardes en soekendes?

Eers wanneer mense daagliks deur Jesus se volgelinge met liefde gedien word, maak al ons besoeke aan kerkgeboue regtig sin. Dan is kerkwees van Maandag tot Sondag een groot simfonie; ’n week lange erediens tot eer van God wat nooit ophou nie. Dan word die ganse lewe ’n simfoniesaal, ’n gimnasium en ’n hospitaal tot eer van God. Dan werk die kerk daagliks daar waar dit saakmaak.

My vriend Dries Lombaard en sy vrou, Rethea, het onlangs stilweg ’n stuk kerkwees in aksie gemodelleer wat my diep aangegryp het.

Ek het uitgevind dat hy vir sy tuiswerker, Sofia, en haar man, Philip, wat op 75 jarige ouderdom vir net R500 per maand as veiligheidswag werk, help huis bou het in Hammanskraal. Groot reën het hul ‘shack’ einde verlede jaar weggewas.

Toe spring Dries-hulle in en gee hul motor vir Philip om materiaal aan te ry vir ’n nuwe plekkie.

Dries en sy dogtertjie het ook Hammanskraal toe gery en hul eie weergawe van Extreme Makeover gedoen deur ’n video te neem en dit op YouTube te plaas. Hulle het ook plaaslike en oorsese vriende gevra om betrokke te raak.

David MacDonald, ’n leraarvriend in die VSA, was só aangegryp deur hierdie video dat sy kerk op Kersoggend ’n spesiale kollekte ingesamel het – R40,000.

Toe maak Dries nog ’n video en vertel vir Philip en Sofia van die skenking. Sofia het hardop begin huil en gesê sy sal eers die volgende dag weer kan praat. Philip het gesê dis die eerste keer in 75 jaar dat iemand vir hom daadwerklik omgee.

En al wat dit Dries en sy familie gekos het, was omgee-harte, Jesus se gunstelingsoort! As jy dus vandag vir my sou vra om vir jou die pad kerk toe te beduie, dan sal ek jou die pad na die Lombaards se huis verduidelik.

Prof. Stephan Joubert is buitengewone professor in Nuwe Testament by Tuks. www.ekerk.co.za.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |