Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Godsdiens-aktueel: Ons het Paasfees nou regtig nodig
Mar 09 2008 04:58:45:430PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elsje Büchner

Kersfees word gewoonlik met groot afwagting be­ groet.

Buiten al die geskenke en feesvieringe, heers daar gewoonlik ’n atmosfeer van groter vrede en verdraagsaamheid – selfs onder diegene wat nie regtig die Christelike hartklop van Kersfees verstaan en aanvaar nie.

Ek onthou my voorbereiding vir my eerste rubriek aan die begin van die jaar nog goed.

Terwyl ek gewonder het waaroor om so reg aan die begin van ’n nuwe jaar te skryf, het ek gedink dat die jaar genoeg moeilikheid sou oplewer waaroor besin kan word en het toe doelbewus besluit om eerder iets met ’n ligter aanslag te skryf.

’n Vlietende gedagte het toe dan ook skrikwekkende gestalte gekry.

Ek het nog in die gees van die Kerstyd beweeg en was nie heeltemal gereed vir die felheid waarmee die nuwe jaar se slegte nuus ons getref het nie.

’n Jong meisie word vyf keer geskiet, haar pa word ook gewond in die aanval.

Die Eskom-debakel dompel Suid-Afrika in donkerte.

Mense se frustrasievlakke styg en geen doekies word meer omgedraai nie.

Weekliks is daar berigte van nog boere wat op hul plase aangeval, gemartel en/of vermoor word.

’n Jong vrou word verkrag en vermoor terwyl sy huis toe stap.

Nog ’n jong meisie word in die fleur van haar lewe vermoor. Dis nie vreemdes nie, maar bekendes wat in hegtenis geneem word.

’n Jong dogtertjie word deur ’n dwaalkoeël tydens ’n rooftog getref en sy sterf – terwyl sy eintlik maar net wou skool toe gaan.

Banke en winkelsentrums word beroof.

Die berigte oor huisrooftogte verskyn net so dikwels soos die weerberigte.

Politici is steeds venynig teenoor mekaar. Die “saak” kom altyd tweede, die politici se ego’s eerste.

Die ekonomie trek noustrop en dié wat arm en honger is, word alweer die swaarste getref.

Rassespanning in Suid-Afrika kom tot uitbarsting met die bekendmaking van die gewraakte Reitz-video op die Kovsie-kampus.

Nog ’n bom ontplof in Jerusalem.

Jong mans sterf daagliks in Irak.

Suid-Afrika se brandstofprys styg skerp – alweer!

Ek sien en beleef (steeds) hoe kerkmense met mekaar stry.

Hierdie lysie is maar net die geraamte van al die slegte nuus waarmee ons net in hierdie jaar – so jonk soos hy nog is – gebombardeer is.

Dit het al lankal die vrede en welwillendheid van die Kerstyd doodgemaak.

Die slegte nuus is so oorheersend dat die meeste mense nie eens besef dat ons nou in die Paastyd is nie.

Oor skaars twee weke vier Christene die grootste en seker belangrikste Christelike fees, naamlik die Paasfees.

Ek is meer as ooit tevore onder die indruk van hoe nodig ons stukkende wêreld hierdie helende fees het.

Kersfees was maar die begin, met die Paasfees word die werklike doel van die geboorte van Jesus eers duidelik.

Jesus moes sterf om ook die seer en gevolge van my lysie hierbo te dra.

En die wêreld het dit só nodig.

Só nodig om te besef dat Sy sterwe en die verlossing wat dit bring, nie net nog ’n tragiese storie is nie, maar ’n broodnodige stap vir ’n stukkende wêreld wat nie kan insien dat vrede meer is as mooi woorde nie.

Op sy laaste reis na Jerusalem, op pad na Sy kruisiging toe, het Hy gehuil en gesê:

“As jy maar net wou insien watter dinge vir jou vrede bring.”

Hoe is dit dan moontlik dat ons ná meer as 2 000 jaar steeds nie kan insien watter dinge regtig vrede bring nie?

Hoekom sukkel gelowiges so daarmee om die verlossingsboodskap van die Paasfees uit te leef en ’n positiewe, hoopvolle invloed op ’n stukkende wêreld uit te oefen?

Ek het in die aanvanklike haas van hierdie jaar aanvanklik gedink dat die Paasfees hierdie jaar heeltemal te vroeg is.

Maar nou besef ek: Ons het hierdie fees dié jaar verskriklik nodig.

Ons het nodig om die kruis te sien en opnuut te glo in die vrede en verlossing van Sy versoeningsdood en opstanding.

Kom, Paasfees, kom!

  • Ds. Elsje Büchner is leraar van die NG gemeente Lux Mundi.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |