Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Godsdiens-aktueel: Gebed alleen is nie voldoende
Christina Landman Angus Buchan sê mense kan met die vroomheid van hul hart die politieke lot van die land verander. Baie mense hou blykbaar van hierdie idee, want Angus se gevolg word al hoe groter. Ek hou ook van die idee. Ek weet net nie hoe ’n mens dit in ’n sekulêre staat gaan regkry nie. Die sekulêre staat stel nie belang in hoe vroom ons hartjies is nie. Feit bly egter, die mense hou van wat Angus sê. Dit wys hulle wil godsdienstige inspraak in die staat hê. Dis ’n wonderlike droom: Ons bid, en ’n veilige toekoms gaan vir ons oop. Ons is vroom, en die land verander van ’n modderpoel van korrupsie en misdaad na ’n fontein van hoop. Maar helaas, dit werk nie so nie. Ons kry nie die korrupsie en die misdaad weggebid nie. En daarom wonder ek of ’n mens nie Angus se idee anders kan bestuur nie. Ons moet nie die regering wil regbid en so die sekulêre staat infiltreer nie. Nee, ons moet die regering oortuig dat hy die kerke nodig het. Want die kerke kan kom waar die regering nie kan kom nie. Kerke is oral; daar is nie ’n plek in Suid-Afrika te arm of te ryk vir ’n kerk nie. En ek sluit nie ander gelowe uit nie. As al die gelowiges in die land saamstaan, is ons 85% van die bevolking. Ons het ’n sekulêre regering, maar nie ’n sekulêre reënboognasie nie. Tans het elkeen toegang tot ’n geloofsgemeenskap – maar nie tot welsyn, mediese sorg en morele leiding nie. Kom ons vat welsyn, gesondheid en moraliteit en kyk hoe die staat die kerke (oftewel geloofsgemeenskappe) kan gebruik om sy diens aan die mense te verbeter. Die sekulêre staat stel nie in ons vroomheid belang nie, maar in die kerke se vermoë om gemeenskappe moreel te aktiveer en te genees, daarin móét die staat eenvoudig belangstel. Welsyn eerste. Daar is ’n reuse- tekort aan welsynwerkers en geld kom nie by die armes uit nie. Waarom registreer die regering nie kerke (oftewel geloofsgemeenskappe) as welsynorganisasies nie? En met goeie beheer kom die geld by die armes uit. Gesondheid. Ons navorsing bewys miljoene mense het beswaarlik toegang tot mediese sorg, hetsy in swart plattelandse dorpies of in wit plakkerskampe. Vervoer is ’n reuse-probleem: daarsonder is selfs ’n kliniek wat 10 km van jou af is, onbereikbaar ver. Mense het nie maklike toegang tot klinieke nie, maar almal kan by ’n kerk kom. Meer as 90% van die mense wat ons ondervra, verkies ’n kombinasie van kerk en kliniek, want hulle soek ook spirituele genesing. Kerke en klinieke moet meer saamwerk. En die regering kan maar sy sekulêre grondwet hou, maar moet sy secular pose eerder drop. Geloofsgemeenskappe moet in hul genesende werk ondersteun word. Laastens moraliteit. Die samelewing het ’n ernstige morele inspuiting nodig. Die regering het maar skraps op hierdie gebied gepresteer. Hopelik kan die kerke hier ’n verskil maak. Ek hoor van Jannie Pelser dat sy “Kry jou nuwe hart”-projek al 70 stede en dorpe in die land betrek het om die waardes van eerlikheid, medemenslikheid, verantwoordelikheid en selfbeheersing deur skole, besighede, kerke, die plaaslike bestuur en die media te versprei. Dink net wat hulle met regeringsfondse kan doen. En dit laat ’n mens hoop dat die regering en die kerke moraliteit suksesvol saam kan bestuur. En dat ons morele harte ’n verskil aan ons politieke lot kan maak. Maar net soos die regering sy secular pose moet verloor, moet die kerke hul “mitologiese twakstories” drop. As die kerke welsyn, gesondheid en moraliteit op nasionale vlak wil help bestuur, moet hulle met ’n wyse en lewe-gewende stem in die publieke arena praat. Ek dink aan die geval waar ‘n groot vigskongres op die platteland gereël is om mense bewus te maak van die gevare van en oorwinning oor vigs. En toe vertel ’n pastoor vir mense dat kondome sonde is. En dat die slang in die paradys een gedra het, dis dié dat hy Eva kon verlei. Dink net hoeveel mense se vigsdood het daardie pastoor veroorsaak. En wat van die predikers wat vertel God het die man gemaak om oor die vrou te heers? Hoe kan jy sulke mites verkondig in ’n samelewing waar verkragting en gesinsgeweld hoogty vier? Dis mos dodelike snert! Dis dié dat ek sê: Die regering moet sy sekulêre houding verloor, en die kerke hul mitologiese praatjies – en saamwerk om die welsyn, gesondheid en moraliteit van die land te bestuur.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|