Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Blouwillemaandag: Ons is heel DIK gepaartie in Sandton
Nov 02 2008 07:09:36:007PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Blou Willem

Ja nee, natuurlik was ons by Shikota se paartie!

Wat moes ons anders doen op die enigste Saterdag in die jaar waar daar nie rugby was nie?

Toe ek en my ou maters sien ons kan nie as individue na Oom Terror en ou Sam se partytjie daar in Sandton toe gaan nie, maar net as ’n party, organisasie of groepering het ons inderhaas Vrydagmiddag ’n skrum gevorm en ’n purganisasie (iets tussen purgasie en ’n organisasie) gestig.

Maar kom ons noem hom maar ’n party vir duidelikheid en herkenbaarheid by die stembus. Ja, en so is ons Saterdagoggend met een van daai mooi groot, nuwe taxi’s hier weg onder die vaandel “DIK”.

Ja “DIK” is ons party se naam.

Ons het nog nie uitgewerk waarvoor die afkorting DIK staan nie (dalk Demonekrasie in Krisis, maar ons stry nog oor die laaste deel). Ons glo egter ons gaan die swaarwigtige stem kry van almal wat DIK is vir daadmis, DIK is vir korrupsie, DIK vir swak diens, DIK vir snotneus Joef Lieg-leiers wat nie eers ’n kettie kan afvuur nie en dan oor masjiengewere skree, DIK vir vyande van die Springbok, DIK vir hoë rentekoerse terwyl Amerikaners niks rente betaal nie, DIK is vir die swak rand waarmee jy nie eers Lesotho toe kan toer nie, DIK is vir lang toue by Waltloo en binnelandse sake, DIK is oor ons kinders oorsee sit en húlle kindertjies nie eers meer Afrikaans kan praat nie, DIK is oor bankkostes, DIK is vir ’n onderwysstelsel wat elke jaar skares nuwe analfabete oplewer en DIK is vir ongewensde organismes in ons drinkwater.

Ja, en dan sommer ook almal wat DIK is vir kitsdiëte wat nie werk nie. Eintlik sommer net almal wat DIK is en DIK is vir ander mense wat vir hulle sê hulle is DIK. En omdat ons DIK is vir ander partye wat die heeltyd vir ons wil voorskryf, sal ons eers vroeg volgende jaar besluit met watter party ons ons lywige ledetal wil assosieer.

Op die oomblik is ons en Shikota so DIK soos diewe, maar baie kan gebeur na volgende jaar toe. En ons mag DIK wees, maar ons gaan nie met bagasie stembus toe soos meeste van die ander partye nie. Behalwe om die pens.

Oom Johnny sê hy het hierdie week met sy neef, ou Bertie, daar in Amerika gepraat. Bertie sê hy is so verward oor húlle verkiesing dat hy maar die oggend voor hy gaan stem ’n munt gaan opskiet. Oom Johnny vra hom toe sommer ook oor hulle ekonomie. Bertie verduidelik toe dat die regering vir elke Amerikaner $600 gegee het om te spandeer.

Maar hy sê hy weet nie wat om te koop nie. As hy die geld by Wal-Mart spandeer, gaan dit reguit China toe.

As hy brandstof koop, is die dollars in die Arabiere se sakke en as hy ’n rekenaar koop, gaan dit Indië toe.

As hy groente of vrugte daarmee koop gaan dit Mexiko, Honduras of Guatemala toe en as hy wil kar koop is dit die Duitsers wat die geld kry. En enige ander “gadget” wat binne twee weke breek, se wins gaan Taiwan toe. So hoe moes hy sy geld in Amerika hou?

Daar’s net twee goed wat nog in Amerika self geproduseer word en dis bier en prostitute, sê hy. En toe gaan koop hy maar $600 se bier en nou is sy vrou briesend. Maar dink net hoe kwaad sou sy gewees het as hy die ander opsie gevat het, sê Oom Johnny.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |