Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Godsdiens-aktueel: ‘Die kerk laat my soos ’n lady voel’
Jan 04 2009 05:25:10:897PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Christina Landman

Ons vra nou die dag 200 mense in Limpopo waarom hulle na ’n spesifieke kerk toe gaan.

Ons het interessante antwoorde verwag, want hierdie 200 mense behoort tot 58 verskillende kerke. Die helfte van die mense is mans en die ander helfte vroue. Net meer as die helfte is swart, die res wit.

Die meeste kry ’n inkomste, maar hulle wurg. Wat interessant is, is dat hulle almal tot die een of ander charismatiese kerk behoort. Oftewel, ’n kerk waar geloofsgenesing beoefen word.

Bygesê, die helfte van die deelnemers aan die projek het die afgelope vyf jaar van kerk verander. Gewoonlik was dit van ’n hoofstroomkerk na een van hierdie “bekeerkerke”.

Maar terug by die vraag wat die mense gevra is: Waarom gaan jy na hierdie spesifieke kerk toe? Want daar is tog duisende kerke in Suid-Afrika.

Sowat tien mans het geantwoord dat hulle na ’n spesifieke kerk toe gaan omdat hulle daardie kerk gestig het! En inderdaad is kerkstigting iets wat in Suid-Afrika gebeur soos nêrens anders nie.

Niemand weet hoeveel kerke daar in Suid-Afrika is nie. En as ’n mens sinies is, kan jy sê dis ’n vorm van werkskepping. Dat iemand wat geen opleiding het nie, sommer net ’n kerk stig vir ’n inkomste.

Die kerkstigters wat ons ondervra het, was ongeleerd, maar baie ernstig dat hulle geroep is. En elkeen se kerk het iets unieks gehad om vir die stukkende mensdom te bied.

Maar wat van die gewone mense, en hoekom kies hulle ’n spesifieke kerk om na toe te gaan? Min gaan na ’n kerk toe waarheen hul ouers gegaan het. Maar soms gaan hulle na ’n kerk toe omdat ’n vriend soontoe gaan – of omdat “almal” soontoe gaan.

Party het gesê hulle gaan na ’n kerk toe wat hulle bygestaan het toe hulle broos was. Soos toe ?iemand na aan hulle dood is. Of toe hulle alleen was.

Party mense hou veral van hul kerk se manier van dans. En die rituele wat eie is aan ’n kerk. Die dans voor die Here sit ’n mens sommer op ’n ander vlak, sê hulle. Dis of jy net kan lewe bo-oor alles wat pla en seermaak.

Wat is lekker vir my by die kerk, vra een retories, en antwoord spontaan: “Die Jirre en die keyboard.” Nog ’n vrou sê: “Die kerk laat my soos ’n lady voel.”

Ons gaan na hierdie kerk toe, sê ander, oor wat hulle ons daar leer. Die kerk leer my van die opstanding, en dat God vir my lief is. Die kerk leer my om te bid. The church makes me feel alive.

Dis hoekom hulle na ’n spesifieke kerk toe gaan. Omdat daardie kerk hulle in ’n ander wêreld sit, waar hulle kan droom oor menswaardigheid en ’n beter toekoms – te midde van elke dag se vernedering en armoede.

Party mense gaan na ’n spesifieke kerk toe omdat die kerk van hulle goeie mense maak. Een jong man vertel hy was ’n moeilikheidmaker op skool. Die onderwysers het hom gehaat. Maar sedert hy hom by ’n spesifieke kerk aangesluit het, hou almal van hom.

Ander mense gaan weer na ’n kerk toe waar hulle veilig voel. Hier is hulle in die pastoor en God se goeie hande.

Ander voel die kerkomgewing het ’n goeie invloed op hulle. Dit gee hulle nuwe wysheid, maak hulle positief oor die lewe. Een man sê hy kom kwaad by die kerk aan, en daar verdamp sy woede.

’n Ander een voel dat dit goed met hom, sy persoonlike lewe en sy sakeonderneming begin gaan het vandat hy by ’n spesifieke kerk aangesluit het.

Party mense gaan na ’n kerk toe waar hulle nie na politiek hoef te luister nie.

Die meeste respondente gaan egter na ’n spesifieke kerk toe omdat hulle daar genees is van allerhande siektes soos griep, maagpyn, pitsere, blaasinfeksies, oog- siektes en borskwale.

Mense verkies blykbaar om kerk toe te gaan eerder as dokter toe wanneer hulle aanhoudende hoofpyn het, of pyne waarvoor die dokter nie ’n verklaring het nie. Hulle gaan ook kerk toe om van hul vrese en angste genees te word. Of as hulle probleme het met swangerskap. Of met ’n intieme verhouding.

’n Teken van absolute geloof is om met geslagsiektes of MIV kerk toe te gaan vir genesing.

’n Mens het deur die jare geleer om respek te hê vir mense se geloof dat die kerk hulle kan genees. In 2009 sal hierdie praktyke voortduur – en gelowiges hopelik gesonder en nie sieker maak nie.

  • Prof. Christina Landman is ’n teoloog aan Unisa.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |