Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Politieke beeld: Bruin stem nie vanselfsprekend
Ek was die naweek in my Groot Plek (soos in Great Place). Fisiek groot is Reigerpark nou nie eintlik nie. Inteendeel, dis ’n klein ou township aan die Oos-Rand wat in die dae van Groot Apartheid spesiaal gevestig is as slaapplek vir die halfgeskoolde arbeid wat nodig was vir ’n ontluikende nywerheids- ekonomie. Vir my is dit egter wieg en bakermat. In tipiese Groot Plek-styl het enkele lede van die Jeffreys-stam Saterdagmiddag in die agterplaas van ons oudste onder ’n sinkplaat-afdak gesit en peins oor die wel en wee van ons grootwordplek. Wat sê die mense oor die politiek, wou ek in ’n stadium weet. Al die gesprekspunte van die na?sionale diskoers was teenwoordig in die daaropvolgende gesprek. ’n Mens kan dit selfs orden in min of meer die kwessies wat politieke partye nou in hul verkiesings?manifeste probeer smous. Misdaad. “Hulle” het iemand se motorwiele helder oordag gestroop en die motor op sementblokke geplaas. (Dis nooit iemand by naam nie, altyd “hulle”.) Hulle doen niks oor bendes nie, want hulle is deel daarvan. Plaaslike regering: “Hulle” doen niks meer hier nie. Dis net hul eie mense (diegene in plakkers?kampe) wat aandag kry. Gesondheidsdienste: ’n Buurvrou se kind is raakgery en “hulle” het meer as ’n uur gevat om die ambulans te stuur. Maatskaplike dienste: “Hulle” gee mos net vir hul mense die toelaes, sommer vir mense wat van ander lande af kom. Dan wonder hulle hoekom daar xenofobie was laasjaar! Baantjies vir boeties: “Hulle” deel mos nou vouchers van R900 uit sodat mense vir hulle kan stem. Onderwys: “Hulle” bring hul kinders in taxi’s al die pad van die townships af na ons skole. Daar is amper niks Afrikaans meer in ons skole nie. Politiek in Reigerpark was nog altyd belangrik en mededingend. My eie politieke geheue strek terug na die tyd toe ons uit Benoni na Boksburg verskuif is ingevolge die ou Groepsgebiedewet. My eerste blootstelling aan die partypolitiek was in 1969 toe daar vir die ou Verteenwoordigende Kleurlingraad gestem is. In daardie jaar het mnr. Jac Rabie, die ou strydros van die bruin politiek, as ’n groentjie na Reigerpark gekom. Hy het teen die verwagting in ’n setel gewen vir wyle mnr. Tom Swartz se Federale Party. Hulle is heftig teengestaan deur mnr. Sonny Leon? se linkse (of so het die mense toe gedink) Arbeidersparty en die plaaslike groot seun mnr. Clarence September en sy Nasionale Party (sowaar, in egte oranje-blanje-blou-gewaad!). Oor vier dekades of so was Reigerpark ’n oorlogsone vir politieke partye en organisasies van oor ’n spektrum van politieke denkrigtings – bona fide én opportunisties. Eers onderling tussen wat mens seker kan noem die ou Kleurlingnasionaliste, later tussen eerw. Allan Hendrickse se driekamer-Arbeiders en die UDF en nog later tussen die ontbanne ANC en oudpres. F. W. De Klerk se hervormde Nasionale Party. Laasgenoemde het die ANC in 1994 ore aangesit. In die onlangse tyd was Reigerpark ’n belangrike slagveld tussen die DA – hulle het daar baie gehou van mnr. Tony Leon se “veg terug”-aanslag – en die ANC wat sy sukses daar grotendeels te danke het aan meestal swart kiesers in plakkerskampe met name soos Ramaphosa en Joe Slovo. Die einste waar die ergste voorvalle van xenofobie verlede jaar uitgebars het. Reigerpark het soos baie soortgelyke plekke elders in die land sy kwota gehad van politieke helde, aktiviste, martelaars, opportuniste, meelopers, oorlopers en uitverkopers (sell-outs). Hulle het alles gesien, maar blyk steeds ontvanklik om nog meer te sien. As die saamtrek van die Jeffreys-stam enige maatstaf is, is daar opgewondenheid oor die verkiesing. Die mense praat weer oor die politiek. Hulle voel hulle kan ’n verskil maak. Partye het hulle nodig. Dit behoort goeie nuus te wees, veral vir die opposisie. Dalk minder goed vir die ANC, want sy tradisionele steunbasis is ook oop vir alternatiewe. Skielik lyk die oorspronklike nedersetters na spelbrekers. Met ander woorde, daardie politieke stem wat niemand op die naam wil noem nie – die bruin stem – het soos nog altyd waarde. Niks daaromtrent moet egter as vanselfsprekend aanvaar word nie, veral nie in plekke soos my Groot Plek nie. Hopelik snap die politieke partye dit reeds.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|