Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Beeld-forum: Geweld het al die norm geword
Jonathan Jansen Die aksent is onmiskenbaar Suid-Afrikaans. Net so die inhoud van die uitbarsting: “Ek klap jou net hier, voor al hierdie mense. Verstaan jy my?” Die moeë passasiers in die oorvol terminaal op die Heathrow-lughawe draai om en kyk in die rigting vanwaar die dreigement kom. ’n Reusagtige man troon uit bo ’n seuntjie (waarskynlik sy eie; die dreigement sluit kennelik sowel fisieke as openbare vernedering in). Nou kyk, ek was al op genoeg lughawens om hierdie gedrag as tipies Suid-Afrikaans te eien – soos die keer toe ek met afsku moes toekyk hoe ’n ma haar dogtertjie op die New York-lughawe ’n afgedankte pak slae gee. Toe ek instinktief naderstaan om in te gryp, skree die vrou in Afrikaans: “Dit sal jou ’n les leer!” ’n Mede-landsburger. Ek het onlangs baie nagedink oor die geweldtsoenami wat ons vertroue in die regering vernietig en ordentlike mense reduseer tot wesens wat in hul huise (wat al meer lyk na mini-weergawes van die maksimumsekuriteitsgevangenis in Pretoria) ineenkrimp en wonder of hulle die volgende slagoffers sal wees. Ek het myself afgevra waar hierdie bose geweld vandaan kom, hoe ons die punt bereik het waar ’n ongeërgde uitstappie saans straat-af in jou stil buurt op Russiese roulette met jou lewe neerkom. Die werklikheid is dat hierdie misdadige mense uit ons gemeenskappe kom, die produkte is van ons samelewing, deel is van ons. Ons is ’n gewelddadige nasie. Of ons daarvan hou of nie, die apartheidsregering het die openbare en private vertoon van geweld ’n middel tot ’n bepaalde doel gemaak. Die staat het mense tot oorgawe geslaan en gemartel totdat geweld vir sowel onderdrukker en onderdrukte die norm geword het. Natuurlik strek hierdie misdadige gedrag terug tot ver voor 1948. Ons land het in geweld die lewenslig aanskou; die Ryk het konsentrasiekampe vol wittes (en swartes, blyk ons te vergeet) gestop om in hul duisende ’n aaklige, openbare hongerdood te sterf. Ons is ’n gewelddadige samelewing wat alte graag aan die staat die reg sou gee om misdadigers te hang indien die beslissing oor die doodstraf aan ’n populêre stem oorgelaat sou word. Daar is dus ’n aks meer as skynheiligheid in die redenasie dat geweld slegs “hulle” is, daardie skaduagtige figure wat in die donkerte wegkruip. Ek is altyd verbaas wanneer ouers uit die Heilige Skrif aanhaal om hul aanranding op hul kinders, maar nie die steniging van owerspelers nie, te regverdig. Dit kom neer op primitiewe gedrag wat nie in ’n beskaafde samelewing tuishoort nie. Die slaan van jou kinders kom op boeliery neer; met ander woorde, ’n groter, sterker persoon doen ’n kleiner, swakker persoon leed aan. Die slaan van jou kinders is ’n manier van erken dat jy nie in staat is om jou kinders se gedrag deur die mag van jou voorbeeld, die logika van rede en die krag van liefde te verander nie. Kortom: dit kom neer op ’n daad van geweld. Kinders leer uit gewelddadige optredes soos ’n pak slae deur ouers dat ’n mens dit wat jy wil hê, bekom deur diegene van wie jy verskil, fisiek aan te val. Daardie logika word oorgedra na skoolgronde en sportklubs; geen wonder dus dat die media aanhou berig oor kinders wat ander kinders aanrand. Waar leer hulle om dit te doen? Tuis, natuurlik. In so ’n gewelddadige samelewing soos ons s’n is dit ’n hanetreetjie van kinders slaan na jou vrou slaan. Agter die styf toegetrekte gordyne in ons middelklashuise voltrek daar soms afgryslike stories van vroueslanery, netjies weggesteek; uit die openbare oog verwyder. Niemand praat daaroor nie, maar die logika van die manlike oortreder is dieselfde: as ek nie my sin kry nie, slaan ek jou. Wat my die meeste bekommer, is die wyse waarop hierdie tipe aggressiewe gedrag van een geslag na ’n ander oorgedra word. Ons seuns sien hierdie misplaaste aggressie en begin glo dit is hul Godgegewe reg om sowel vroue as kinders te straf. Ons dogters begin aanvaar dat dit maar die manier is waarop dinge werk; soos ’n jong vrou een keer aan my gesê het: “Hy slaan my omdat hy my liefhet.” Wanneer ons dus volgende keer (ten regte) ons toorn uitspreek teenoor daardie gewelddadige misdadigers wat in ons strate rondsluip, asook jeens ’n gevoellose regering wat hulle toelaat om te gedy, dink ook ’n oomblik lank na oor die innerlike geweld.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|