Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Ontstellende dwelmtonele in TV-dokkie
May 07 2001 06:42:00:000PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Veertienjarige seun word deur een van sy beste vriende geskiet. Oorvol tronke in die VSA beteken dat gevaarlike misdadigers op parool vrygelaat word. Jong mense stry wanhopig om as heroïenverslaafdes te oorleef.

Indien jy aanklank vind by hierdie soort realisme, eerder as die vreemde wêreld van Ally McBeal wat Maandae op televisie is, kan jy gerus Dinsdagaand na M-Net se nuwe dokumentêre tydgleuf kyk. Vir die volgende 52 weke saai M-Net elke Maandag (vanaf 7 Mei) om 21:35 'n dokumentêre program uit.

Navorsing onder M-Net-intekenare het gelei tot die skep van 'n permanente dokkiegleuf wat bekend sal staan as Life, waar dokumentêre programme van regoor die wêreld uitgesaai gaan word.

Die onderwerpe wissel van dwelms, aborsie, moord, selfmoord, homoseksualiteit en plastiese snykunde, en word soms dramaties en soms komies aan die kyker gebied. Tog bly die kwessies belangrik en die reaksie van kykers gaan na verwagting taamlik uiteenlopend wees.

Die eerste van hierdie dokumentêre programme is Black Tar Heroin: Dark End of the Street.

Dit bied 'n ongewone kykie na twee jaar in die lewe van vyf jong heroïenverslaafdes.

Jake, Jessica, Tracey, Oreo en Alice, drie jong vroue en twee jong mans tussen 18 en 25 jaar, worstel met die gevolge van ernstige verslawing aan sterk dwelmmiddels: misdadigheid, prostitusie, verkragting, tronkstraf, vigs, oordosisse en die dood.

In een ontstellende toneel besluit die 18-jarige Jessica sy moet high raak voordat sy uitvind of sy MIV positief is. Die kyker sien hoe sy heroïen in haar hand inspuit, knik en blou raak. Oomblikke daarna kom sy by, steek 'n crack-pyp aan en vat 'n sluk whisky.

Terwyl sy weer in die bedwelming wegsak, kry sy 'n treurige uitdrukking op haar gesig en mompel: "Ek het aan ons huis gedink; my ma."

Die dokumentêr wys die wreedheid en vernedering van die dwelmlewe, maar ook die verslaafdes se pyn en hul rou verlange om 'skoon' te raak, verhoudings staande te hou en weer met hul gesinne verbind te wees.

Hoewel die dokumentêr ontstellend is, kan dit dalk 'n goeie idee wees om tieners aan te moedig om dit te kyk. Só 'n skoktaktiek word met redelike sukses in Holland gebruik, waar ontstellende programme oor dwelms en dwelmgebruik op gereelde grondslag op televisie gewys word.

Dis tog 'n feit dat dwelms deesdae oral beskikbaar is en dit kan dalk net jou kind se herinneringe aan sulke tonele wees wat maak dat hy of sy op die ou einde omdraai en nee sê . . .

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |