Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Resensie:
Spel met visuele verbruik
Apr 21 2004 04:49:12:017PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Eat
Outlet


Jy ís wat jy éét (soos Oprah  sê), is die kerngedagte agter die bekroonde digitale kunstenaar Nathaniel Stern se jongste werk wat kommentaar op die globale verbruikerskultuur lewer.

Stern suggereer dat verbruikersgoed baie meer behels as alkohol, sigarette, handelsname en TV-programme. Deur die verbruik en misbruik van idees, simbole en taal word tot die identiteit van die individu verbruik sodat niemand aan die verbruikersorgie kan ontsnap nie.

Die projeksie-installasie wat sowat drie-en-'n-half minute duur, word in die vorm van 'n triptiek aangebied. Aan die linkerkant is 'n nabyskoot van 'n mond met 'n gemonteerde waaier wat die spreker se woordestroom soos warm lug insuig.

Regs draai 'n videobeeld van 'n waaier wat uit fragmente van gesigte saamgestel is voor die spreker se gesig. Die Amerikaanse vlag of enkele woorde doem op, vervaag of vermenigvuldig in die middel-paneel. 'n Skematiese frekwensie van die stem sigsag in 'n frenetiese raam onder al drie.

Die spreker, wat homself as die Amerikaans-Suid-Afrikaanse kunstenaar identifiseer, begin stadig opnoem wat hy verbruik totdat sy woorde in 'n koorsagtige kadens van aaneengerygde behoeftes die waaier se spin naboots.

As visuele verbruiker kan die kyker nie verhelp om beïndruk te word deur Stern se visuele spel met parodie en sy beheersing van die digitale medium nie. Eat, wat in 'n uitgawe van vyf DVD's saam met 'n eiesoortige fotodruk elk te koop aangebied word, word egter net nog 'n verbruikersproduk wat 'n mens kan vat of los.

Tot 5 Mei. Outlet, Tshwane Universiteit van Tegnologie. Besoek per afspraak by tel:  082 7754 272.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |