Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

‘Ouma’ Carike en Ghoempie laat kinders glimlag op DVD
Oct 12 2006 09:51:26:727AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anna-Retha Bouwer

Gedink Carike Keuzenkamp brei nou net sokkies vir haar kleinkinders? Moenie glo nie.

Deesdae, sê sy, is sy besiger as ooit. “Sedert ek destyds Kraaines aangebied het, was ek nie meer so betrokke by kinderliedjies nie, maar vandat ek kleinkinders het, hou die kindergoed my voltyds besig,” sê sy.

Twee nuwe uitreikings van haar het onlangs die lig gesien.

Carike en Ghoempie in Kinderland 3 op DVD en Carike in Kinderland 4 op CD is albei onlangs uitgereik en volgens alle aanduidings gaan dit volg in die voetspore van die vorige Kinderland-suksesse wat almal óf goue óf platinumstatus bereik het.

Keuzenkamp vier volgende jaar 40 suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Volgens haar is Ghoempie wat saam met haar op die DVD optree ’n “heerlike karaktertjie”.

Sy en Ghoempie het hope interaksie met mekaar en tussen-in speel die musiekvideo’s.

“Die Kinderland-reeks is veral geskik vir voorskoolse kinders. Deel van my motivering om hierby betrokke te raak was my kleinkinders wat nou onderskeidelik 19 maande en 5 en ’n half jaar oud is,” sê Keuzenkamp. “Hulle geniet dit baie.”

Die CD en DVD leer kinders ook speel-speel van die wêreld om hulle. Old MacDonald leer byvoorbeeld dieregeluide en die tandarts vertel van skoon tande. Die DVD is vervaardig vir Sony BMG deur Linda Korsten, dogter van die wyle sanger Gé Korsten, terwyl Boet Pretorius verantwoordelik was vir die musiekproduksie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |