Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kili-kruin vir hospies
Oct 13 2006 09:49:12:053AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jacques

Om Kilimandjaro te klim, sê die 1485 Radio Today-aanbieder David Batzofin, het sy uitkyk op die lewe verander.

“Vergeet van die klein goedjies,” sê dié Johannesburger nadat hy vroeër vandeesmaand Afrika se hoogste berg bestyg het. Maar sy geldinsamelingsveldtog vir die Hospies-vereniging van die Witwatersrand is allermins onbelangrik.

Volgens me. Desré Murray, projekontwikkelingsbestuurder van die vereniging, het Batzofin R38 000 ingesamel. “Ons is baie opgewonde daaroor,” sê sy.

“David se passie vir die hospies het die organisasie broodnodige geld in die sak gebring waarmee die terminaal siek mense van Johannesburg versorg kan word.

“Daar is ’n toenemende vraag na ons dienste en altruïsme van dié aard is besonder bemoedigend.”

Volgens Murray versorg die hospies gemiddeld meer as 2 000 mense per maand. Daarvoor het hulle jaarliks R20 miljoen nodig. Sy sê Batzofin se geld sal vir dié versorging gebruik word.

Volgens Batzofin het die Afrikaanse sangers Steve Hofmeyr en Patricia Lewis hul beloftes gestand gedoen en onderskeidelik R10 000 en R1 000 aan die hospies geskenk.

“Ek hoop hulle (die hospies) is gelukkig met die bedrag. As jy in ag neem dit was nie in hulle begroting vir die jaar nie, is dié kontantinspuiting ’n verrassing.”

Die klim was “blêrrie moeilik”, sê hy.

“Dis nie tegnies nie, maar dit vereis elke dag konsentrasie. Jy klim omtrent 6 uur elke dag. En dit maak nie saak hoe die weer lyk nie; jy moet loop!”

Batzofin sê elke dag was ’n avontuur, want hy het nie geweet wat om te verwag nie. “Dis beslis die moeilikste ding wat ek tot nog toe aangepak het. Comrades en die Ysterman is soos ’n middaguitstappie in vergelyking met Kilimandjaro.”

Sy voorbereiding, voeg hy by, het vrugte afgewerp. “Veral die geestelike voorbereiding. Daarsonder sou die draf, stap en fietsry vooraf my niks gehelp het nie. Dis 80% in die kop.”

Die hoogtepunt van die ondervinding was om die sonsopkoms van Stellapunt te sien, sê Batzofin. “Stellapunt is 5 790 m bo seespieël en daar is nog ’n uur se loop oor na die Uhuru-piek op 5 895 m. Om die sonsopkoms te sien, was ’n intense emosionele ondervinding.”

Was daar ook slegte oomblikke?

“Ja, die tweede dag op die berg. Ons het na die kamp Shira gestap en ek het ’n hoofpyn gekry en naar gevoel. Maar ek kon dit hanteer; ek het al met vroue uitgegaan wat my erger laat voel het!”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |