Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

SA skole gaan Chinees aanbied
Mar 11 2008 06:53:56:247PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Tom Hamilton, hoof van St. Alban's College in Pretoria, en Zhong Jianhua, China se ambassadeur in Suid-Afrika, onderteken 'n internasionale ooreenkoms wat Chinese onderwysers na dié skool sal bring.Foto: Theana Calitz
Alet Rademeyer


St. Alban’s College in Pretoria is die eerste skool in die land en in Afrika om ’n internasionale ooreenkoms te sluit wat Chinese onderwysers van China af sal bring om leerlinge in dié taal te onderrig.

Tom Hamilton, hoof van die skool, en Zhong Jianhua, China se ambassadeur in Suid-Afrika, het verlede week ’n vennootskap onderteken wat aanvanklik vir ses jaar sal geld.

Hamilton het gesê die vennootskap is die eerste van sy soort in Afrika en die eerste onderwyser sal na verwagting in September by dié skool aansluit.

Die doel met die ooreenkoms is onder meer om basiese kommunikasie in Chinees ’n deel van die “voorbereiding vir die lewe”-pakket te maak wat die skool aanbied. Kort kursusse sal ook vir ouers en die publiek aangebied word.

Volgens Hamilton is op dié ooreenkoms besluit nadat die skoolraad en uitvoerende bestuur in 2005 ’n strategie vir die skool vir 2015 bespreek het.

Clem Sunter, ’n sakeleier, was by die besprekings betrokke en het gesê enigiemand wat in die toekoms besigheid wil doen, moet China insluit.

Die module in internasionale studies wat alle gr. 10-leerlinge aan St Alban’s sal moet volg, sal benewens Chinees ook Frans, Zoeloe, politiek en ekonomie insluit.

’n Deel van die vennootskap is dat leerlinge en onderwysers aan ’n uitruilprogram met China sal deelneem.

Jianhua het gesê daar is in baie lande soos die VSA en Australië groot belangstelling om Chinese onderwysers te kry om Chinees as vak aan te bied.

Op ’n vraag of dit baie moeilik is om die taal te bemeester, het Jianhua gesê sowat ses jaar op laerskoolvlak is genoeg om die basiese taal te bemeester. “Op kollege-vlak sal dit iemand sowat drie jaar neem.”

Jianhua het gesê hy is opgewonde oor die moontlikhede wat Suid-Afrika in dié verband bied. Gesprekke is ook reeds met die nasionale onderwysdepartement aan die gang om Chinees in die afsienbare toekoms as vak in sowat 100 openbare skole aan te bied.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |