Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
VN erken biosfeer in Laeveld
Die Kruger-tot-Canyons-biosfeerreservaat strek ook deur Mpumalanga. Dit sluit in die grootste deel van die Krugerwildtuin in die ooste en strek tot net oos van Pietersburg sodat dit die Drakensbergreeks in al twee provinsies insluit met al sy canyons, waarvan die bekendste die Blyderivier-canyon. Die dorpe wat binne die gebied val, sluit in Haenertsburg, Duivelskloof, Tzaneen, Gravelotte, Mica, Hoedspruit, Phalaborwa, Pelgrimsrus, Graskop, Acornhoek en Bosbokrand. In die Krugerwildtuin strek dit net suid van die Shingwedzi-rivier tot net noord van Skukuza en sluit in die ruskampe Orpen, Satara, Olifantskamp en Letaba. Die erkenning van die Kruger-tot-Canyons-biosfeerreservaat volg op die onlangse erkenning van die Waterberg-biosfeerreservaat by Vaalwater in die Bosveldgebied. Me. Debby Thomson wat betrokke was by die voorlegging aan die VN se onderwys-, wetenskap- en kultuurorganisasie, Unesco, sê talle mense was oor die jare betrokke by pogings om die gebied as biosfeerreservaat verklaar te kry. Dit is reeds sowat 11 jaar gelede geïnisieer deur mnr. John Williams, grondeienaar van Hoedspruit. Thomson sê wat dié biosfeer uitsonderlik maak, is dat dit een van die grootstes in oppervlak ter wêreld is. Daarbenewens sluit dit alle partye in wat volgens die kriteria vir 'n biosfeer daarby betrokke moet wees, naamlik nasionale parke, provinsiale parke, private wildtuine, die landbou, bosbou, mynbou en ontwikkelingsgebiede. Thomson het gesê die biosfeer kan 'n eerste in die land word wat oor landsgrense strek indien dit uitgebrei kan word om die Groot Limpopo-oorgrenspark in te sluit. Die moontlikheid word ondersoek. 'n Biosfeerreservaat is 'n gebied waar bewaargebiede van internasionale belang grens aan gebiede waar mense woon en veelvoudige grondbenutting geskied. So 'n reservaat skep raamwerke waarin volhoubare aanwending en ontwikkeling kan geskied deur openbare deelname deur middel van monitering, navorsing, onderrig en opleiding. Me. Marie-Tinka Uys, hulpbronfasiliteerder by die Wildlife College en projekkoördineerder, sê die onmiddellike voordele van die status wat die gebied ontvang het, is dat die aanwending van natuurlike hulpbronne nou op streekvlak bestuur kan word "omdat ekologiese stelsels nie met grense rekening hou nie". Sy sê die status sal ook help met die bemarking van die gebied en om finansiering te kry vir projekte. Mnr. George Varkey van die Wits Rural Facility is die voorsitter van die reservaat. mfourie2@beeld.com
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|