Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

NW-boer by plaashek oorval, aangerand, beroof
Jan 31 2003 12:19:31:090PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Rustenburg. - 'n Boer van Noordwes is Woensdag op sy plaas aangerand en van R3 000 kontant, skoene en juweliersware beroof, het die polisie Donderdag gesê.

Kapt. David Serepa, polisiewoordvoerder in die gebied, het gesê die rowers het egter die vuurwapens wat hulle op mnr. George Makram (72) se plaas Oshoek naby Phokeng gebuit het op die plaas gelos.

Hy het gesê Makram het Woensdagaand teen 21:00 by sy plaas aangekom.

Vier mans het hom by die hek aangeval.

Drie van die gewapende rowers het agterop Makram se bakkie geklim en nog een het voor by hom ingeklim en die stuurwiel oorgeneem.

Makram is met 'n vuurwapen aangehou en gedwing om die huis oop te sluit en die kluissleutels aan die aanvallers te oorhandig.

Drie gewere, 'n 9 mm-pistool en R3 000 is uit die kluis gesteel, asook R500 uit Makram se beursie.

Makram is aangerand, vasgebind en onder 'n bed ingestoot terwyl die rowers die huis geplunder het.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |