Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Hubble vier sy 100 000ste aard-vaart
Aug 15 2008 06:37:50:557PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dié foto van die landskap van die newel in die sterswerm NGC 2074 is uitgereik om die Hubble-ruimteteleskoop se 100 000ste omwenteling om die aarde te vier. Foto: AP/Nasa/STSCI/M.Livio
Elsabé Brits


Kaapstad. – Die Hubble-ruimteteleskoop, wat die afgelope 18 jaar aan die mensdom ’n ongekende blik op die kosmos gegee het, het pas sy 100 000ste omwenteling om die aarde gevier.

Die teleskoop, wat gedurende drie sendings in die ruimte deur ruimtevaarders versien is en soos ’n getroue werkesel aanhou om skitterende beelde van verre voorwerpe te neem, sal in Oktober vir die laaste keer versien word.

Vir sy 100 000ste omwenteling het sterrekundiges hom na ’n klein gebied van die newel naby die sterswerm NGC 2074 gedraai.

Dit is ’n geboorteplek van nuwe sterre en is sowat 170 000 ligjaar weg in die Tarantula-newel.

Dié newel is een van die aktiefste stervormende gebiede in wat bekend staan as die plaaslike groep van sterrestelsels.

Dié fantasielandskap is volgens Nasa sowat 100 ligjaar in deursnee.

Die pilaar wat soos ’n seeperdjie lyk is sowat 20 ligjaar in deursnee.

Dit is sowat vier keer die afstand tussen die son en die naaste ster, Alpha Centauri.

Die betrokke gebied is in die Groot Magellaanse Wolk.

In 2013 word die nuwe James Webb-ruimteteleskoop gelanseer.

Hubble het al 800 000 waarnemings gemaak en 500 000 foto’s geneem van meer as 25 000 voorwerpe en verskynsels in die ruimte.

Hy het al 3,8 miljard kilometer ver gereis – hy neem waar in ’n wentelbaan om die aarde en reis nie na die diepruim nie.

Meer as 7 000 wetenskaplike navorsingstukke is al danksy die teleskoop se waarnemings gepubliseer.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |