Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Bestuur sê 'skuus
Mnr. Silas Nkanunu, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (Sarvu), het dit Dinsdagaand hier in die teenwoordigheid van Rudolf Straeuli (Bok-afrigter), mnr. Gideon Sam (spanbestuurder) en mnr. Ngconde Balfour (minister van sport) op 'n mediakonferensie rugbaar gemaak. Volgens Nkanunu het die besturende direkteur van SA Rugby, mnr. Rian Oberholzer, hom Dinsdag verwittig dat hy 'n brief van Straeuli en Sam gekry het waarin hulle erken dat hulle moontlik 'n oordeelsfout in die hantering van die Cronjé/Davids-geval gemaak het. Straeuli en Sam het Dinsdagaand erken dat daar 'n voorval tussen die slotte Cronjé en Davids plaasgevind het wat moontlik "rassistiese konnotasies kon gehad het". "Toe ons die saak ondersoek het, was daar egter onvoldoende inligting om enigiets te bewys. In ons haas om voor te berei vir die Wêreldbeker-toernooi en in 'n opregte poging om die span te beskerm, het ons gevoel dit sou beter wees om nie die saak verder te neem nie," het Straeuli laat blyk. Sarvu se bestuurskomitee het ná samesprekings met Oberholzer besluit dat dié oordeelsfout onder die omstandighede "verstaanbaar" was. Hulle voel gevolglik dat die spanbestuur toegelaat moet word om die Bokke na die WB-toernooi te neem. Suid-Afrikaanse rugbybase en Balfour het ná oorlegpleging besluit dat oudregter Edwin King se ondersoek na rassisme en vooroordeel uitgebrei moet word om rassisme op alle vlakke - van skole, tot klubs en provinsies - te ondersoek. Straeuli het in reaksie hierop gesê die tydsberekening van die besluit om die ondersoek uit te stel, sal "help met sy span se voorbereiding". "Ons probeer egter nie dié ding onder die mat invee nie en ons is terdeë bewus wat ons in die nuwe jaar sal moet doen."
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|