Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Hunter eindig vierde in 2de skof van Tour
Die eerste twee dae van die Tour de France het goeie en slegte oomblikke vir die fietsryers van Barloworld opgelewer. Die goeie nuus is dat Robert Hunter reg lyk om ’n skof in die Tour en selfs die punte-afdeling te wen. Hy as in gister se tweede skof oor 164.5 kilometer tussen Auray en St. Brieuc vierde. As hy en sy spanmaat, Baden Cooke, oor die laaste 500 meter nie half teen die reëlings langs die pad vasgedruk was nie, kon Hunter dalk op die podium gestaan het. Dat Hunter ernstig is om die groen trui van die punte-afdeling te wen, is vroeg in die skof bewys toe hy die bondelnaelrit in die eerste snelpremie gewen en kosbare punte losgetrap het. “Bravo Robert. Bravo Mauricio Soler,” het die bemarkingsbestuurder van die span, Chris Fisher, ná die wedren gesê. Daar is ’n goeie rede waarom Fisher Soler geloof het. Dié Columbiaan, wat verlede jaar die bobaas van die berge-afdeling, asook ’n skof, gewen het, beleef tot dusver nie ’n gelukkige Tour nie. Soler het in eergister se eerste skof tien kilometer van die einde af neergeploeg. Hy moes van fiets verander, maar het nogtans klaargemaak. Daar is vasgestel Soler het ’n beentjie in sy linkergewrig gebreek en sy regtergewrig is lelik ontwrig. Voor die begin van die tweede skof was die vraag of Soler wel verder sal saamtrap, veral omdat hy vroeër vanjaar ook sy linkergewrig erg beseer het. Soler het gister nie ’n gelukkige dag beleef nie. Oor die laaste 20 km kon ’n mens sien hy verduur pyn. Ná twee skofte is hy laaste – 10:22 agter die voorloper. Fisher is vol lof vir die feit dat Soler vasbyt. “Die tweede skof was D-dag vir hom.” Fisher is nie seker of Soler vandag se derde skof sal aanpak nie. “Ons vat dit dag vir dag. Die spandokter sal hom deeglik ondersoek. Ek dink die finale besluit sal vanoggend geneem word. “Ek hoop Mauricio sal reg wees. Gelukkig is vandag se skof relatief maklik en môre is die individuele tydtoets. Daar is dus kans dat Mauricio se gewrigte kan herstel.” Fisher hoop dat Soler betyds sal herstel om sy bobaas van die berge-titel te verdedig. Die Noor Thor Hushovd van Crédit Agricole het die tweede skof in 3 uur 45 minute en 13 sekondes gewen. Kim Kirchen van Team Columbia was tweede en sy spanmaat Gerald Ciolek derde. Alejandro Valverde van Caisse d’Epargne wat die eerste skof oor 197.5 km gewen het, is die algehele voorloper. Hy is ’n sekonde voor Kim Kirchen van Team Columbia en Oscar Freire van Rabobank. John-Lee Augustyn die ander Suid-Afrikaner wat vir Barloworld ry, was gister 22ste. Hy beklee die vyfde plek in die afdeling vir die beste jong ryers en is 39 sekondes agter die voorloper. Vandag se derde skof oor 208 km pas Hunter en Cooke soos ’n handskoen.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|