Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Lance wil aanstaande jaar die horlosie terugdraai
Sep 10 2008 09:54:55:400PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Lance Armstrong,wat hier die 17de skof van die Tour de France in 2004 wen, wil aanstaande jaar weer só maak. Foto: Regis Duvinage, Reuters

Parys. – Solank hy volgens die nuwe fietsry-reëls oor verbode middels jaag, sal niks en niemand in Lance Armstrong se pad staan nie in sy poging om die Tour de France vir die agtste keer te wen nie.

Só het die Tour se direkteur, Christian Prudhomme, gister gesê.

Hy het gesê Armstrong mag aan die Tour deelneem, as hy hom onderwerp aan die jongste maniere om verbode middels hok te slaan.

Die 36-jarige Amerikaner het die fietsrywêreld onverhoeds betrap toe hy bevestig het hy gaan ’n terugkeer maak met die oog om die Tour ’n agtste keer te wen.

Armstrong het dié gesogte wedren reeks sewe keer (1999-2005) gewen. Daar het egter nog altyd ’n donker wolk oor sy beweerde gebruik van verbode middels gehang. Dié aantygings is egter nooit bewys nie.

Hy het gesê hy is bekommerd dat hy om dié rede dalk verbied kan word om aan die Tour deel te neem.

Prudhomme het egter gesê: “Solank as wat sy span, en ons weet nog nie wie dit is nie, en hyself hulle hou by die reëls teen die gebruik van verbode middels, sal ons hom aanvaar.

“Maar ons sal geen fietsryer toelaat om te ry as hy nie die reëls, wat nou strenger en anders is as voorheen, eerbiedig nie.”

Armstrong word op 18 September 37 jaar oud. Volgens hom maak hy sy terugkeer om wêreldwyd bewustheid vir die nodige kankernavorsing aan te wakker.

Hy het in ’n onderhoud met Vanity Fair gesê hy sal hom aan die buitengewone streng toetse onderwerp.

“Hy was vir drie jaar nie deel van die aksie nie, terwyl Vader Tyd ook nie stil staan nie.

“Baie kan egter van nou af tot aanstaande jaar gebeur wanneer die Tour in Monaco begin.”

In Spanje het 2007 se Tour-wenner, Alberto Contador, Armstrong se terugkeer verwelkom. – Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |