Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Tyd van praat en verskonings is verby, sê Gideon
Nov 21 2008 09:54:37:040PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Gideon Sam toe hy nog bestuurder van die Springbok-rugbyspan was. Foto: Jan Hamman
Wilhelm de Swartt


Die ewige gepraat en verskonings vir swak vertonings in Suid-Afrikaanse sport moet einde kry.

Gideon Sam, voorsitter van Driekamp Suid-Afrika, meen daar moet indringend vrae gevra word oor waarom Suid-Afrikaanse atlete en spanne so gereeld swak presteer wanneer dit saak maak.

Sam staan Moss Mashisi vanoggend teen as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

Sam het dit duidelik gemaak dinge gaan verander as hy verkies word.

“Ek dink die afgelope vier jaar is te veel kundiges uit Suid-Afrikaanse sport gestoot.

“Ek wil mense soos prof. Tim Noakes en ander sportwetenskaplikes en die sporthelde van weleer (wit en swart) weer aktief by Suid-Afrikaanse sport kry.

“Noakes het boeke en boeke geskryf. Wat word van sy kennis en dié van ons ander sportwetenskaplikes?

“Waarom word dit nie toegepas nie? Kan ons bekostig dat dit net verlore raak?

“Wat ek nie kan verstaan nie, is waarom ons nie die mense se kennis tot voordeel van Suid-Afrikaanse sport aanwend nie.

“As ek tot Saskok se voorsitter verkies word, gaan een van my hoofdoelwitte wees om Suid-Afrikaanse sport oop te maak vir almal wat dink hulle kan ’n verskil maak.

“Ek soek nie weke van die mense se tyd nie. As elkeen van hulle elke maand net ’n uur van hul tyd vir Suid-Afrikaanse sport kan gee, sal dit ’n reuse-verskil maak.

“Elke aspek waarby Saskok betrokke is, moet ’n projek wees. Só byvoorbeeld moet die Olimpiese Spele van 2012 ’n projek wees.

“Die uitdaging vir ons by Saskok is om te verseker die beste mense vir elke faset is in die voorbereiding vir die Spele betrokke.

“Ek is heeltemal gekant teen die idee dat die besluitnemers van Saskok glo hulle moet alles doen en dat die raadslede die wêreld vol rondvlieg.

“Ek beskou die rol van Saskok se raadslede om beleid te formuleer en te verseker kundiges voer dit suksesvol uit.”

Sam het dit duidelik gemaak daar is vir die eerste keer ooit danksy die nasionale lotery geld vir Suid-Afrikaanse sport.

“Ons het R2.5 miljard in die volgende vyf jaar tot ons beskikking.

“Maar wat help dit as ons nie ordentlike strukture en planne het nie en die regte mense is nie betrokke nie?

“Dan gaan die geld net vermors word,”het dié gewese bestuurder van die Bok-span gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |