Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Toyota gooi nie handdoek in
Dec 23 2008 07:15:46:157PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Tokio. – Toyota gaan nie hom nie aan Formule Een-motorwedrenne onttrek nie, ondanks die feit dat dié motorreus die eerste keer in 70 jaar ’n bedryfsverlies toon.

Die vervaardiger sal wel probeer om onkostes te besnoei.

Die president van Toyota, Katsuaki Watanabe, het nie aangedui presies hóé die Japanese motorvervaardiger besteding in die glansryke maar duur F1 wil sny nie.

Toyota het in sewe jaar nie een oorwinning behaal nie.

“Maar dit is baie moeilik om die huidige vlak te handhaaf,” het Watanabe gesê.

Volgens Watanabe is Formule Een ’n goeie manier om die aandag van jong mense te trek.

Honda het vroeër vandeesmaand aangekondig hy gaan hom aan F1-wedrenne onttrek.

Die Japanese motorvervaardigers is hard getref deur die daling in motorverkope in die VSA – die wêreld se grootste motormark.

Formule Een is nie die enigste kampioenskap wat geraak word nie. Subaru en Suzuki het hul onlangs albei aan die Wêreld-tydrenreeks onttrek. Albei het die globale ekonomiese krisis as rede aangevoer.

Toyota sal vanjaar na verwagting sy eerste bedryfsverlies toon sedert hy begin het om sy syfers in 1941 bekend te maak. Hy het beplan om tien miljoen eenhede reg oor die wêreld te verkoop, maar daar word verwag dat die verkope vir 2008 tot onder nege miljoen eenhede gaan val.

Intussen het die president van Honda, Takeo Fukui, bevestig dat Honda se onttrekking nie tydelik is nie. Hy het vroeër gesê die vervaardiger moet hom by sy kernbesigheid bepaal.

Die FIA, die sportsoort se beheerliggaam, het verskeie maatreëls aangekondig om kostes te sny. Een van die voorstelle is om standaard-enjins te gebruik. – Sapa-AP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |