Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Federer val weer vas teen Murray
Aboe Dhabi. – Andy Murray het sy oorheersing oor Roger Federer gister hier voortgesit toe hy hom met 4-6, 6-2, 7-6 (8/6) geklop het in die halfeindronde van die Capitala-tennistoernooi. Murray, vierde op die wêreldranglys, het nou vyf van sy sewe kragmetings teen die wenner van 13 Grand Slam-titels gewen. Sy teenstander in die eindstryd is die top-gekeurde, Rafael Nadal van Spanje, wat die Rus Nikolay Davydenko met 6-2, 6-3 slae gegee het. Murray het sy afslaan in die eerste pot van die wedstryd verloor, voordat hy self in die vyfde pot teruggebreek het. ’n Handrug-wenhou van Federer en ’n dubbelfout in die tiende pot deur Murray het die eerste stel aan die Switser besorg. Daar was egter ’n ommekeer in die tweede stel, met Murray wat sommer al in die openingspot deurgebreek het op die Federer-afslaan en daarna drie breekpunte in die derde pot afgeweer het om met 3-0 voor te loop. Ondanks die feit dat Murray sy afslaan in die sesde pot verloor het, het hy dadelik teruggebreek om die stel syne te maak. Federer het telkens net toe gestorm, maar is dikwels met verbyhoue dáár geklop. In die beslissende stel was die wedstryd in die weegskaal, met Murray wat in die derde en vyfde potte gebreek het, maar self sy afslaan in die sesde pot ingeboet het. Federer het drie wedstrydpunte afgeweer om sake met 6-6 gelykop te maak in die valbylpot, maar Murray het die wedstryd syne gemaak toe die Switser ’n terughou oor die agterbaan geslaan het. “Ek besef ek sal party wedstryde wen en ander verloor. “Ek wil egter die groot wedstryde waarin ek speel, wen. Ek gaan nie titels en rekords najaag soos wat die geval verlede jaar was nie,” sê Federer. Murray sê hy wil Federer klop wanneer dit werklik saak maak. “Ons het ’n paar baie gelykop stryde in die verlede gehad. Hy het my in die Amerikaanse Ope geklop, maar hopelik kan ek hom in ’n Grand Slam-eindstryd klop,” sê Murray. – Sapa-AP
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|