Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Alonso in klein vliegongeluk
Jan 05 2009 08:37:12:350PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Mombasa (Kenia). – Fernando Alonso, Formule Een-renjaer, en vier passasiers is ongedeerd nadat sy private vliegtuig voor opstyging ’n muur naby die Malindi-oord se aanloopbaan skrams getref het.

“Dit was ’n klein voorval. Almal het ongedeerd uit die vliegtuig gekom en is terug na hul hotel,” het ’n polisie-lid van die streek gesê.

Volgens mnr. Ali Farah, adjunkbestuurder van die lughawe op Malindi, is die vliegtuig se vlerk in die ongeluk beskadig.

Alonso, sy vrou, Raquel del Rosario, en hul drie gaste het twee weke gelede by die Lion in the Sun-hotel (wat deur Flavio Briatore, hoof van Renault se Formule Een-span, besit word) aangekom.

Die Malindi-oord is aan die Indiese Oseaan geleë en is gewild onder glansmense.

– Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |