Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Giniel nou in derde plek
Jan 05 2009 09:01:21:377PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Suid-Afrika se Giniel de Villiers in aksie in die tweede skof van die Dakar-tydren in Argentinië. Foto: Christophe Ena, AP

Jacobacci (Argentinië). – Nasseer al Attiyah van Katar het gister sy tweede skofsege in die Dakar-tydren behaal toe hy die derde skof van Puerto Madryn af hierheen in 4 uur 29 minute en 27 sekondes gewen het.

Daarmee het Al Attiyah, wat ook Saterdag se eerste skof in sy BMW gewen het, Giniel de Villiers van Suid-Afrika in sy Volkswagen uit die algehele tweede plek geboender.

Die volgende drie plekke het almal aan Volkswagen-jaers behoort. ’n Voormalige tydrenkampioen, Carlos Sainz van Spanje, het 35 sekondes ná Al Attiyah in die tweede plek klaargemaak.

Die Duitser Dieter Depping het 1 minuut en 40 sekondes ná Al Atti?yah in die derde plek oor die eindstreep gejaag. De Villiers was 4:01 later in die vierde plek.

Die Franse kampioen en Mitsubishi-jaer, Stephane Peterhansel, was vyfde, 5:31 agter die voorloper.

Ondanks sy tweede plek, is Sainz steeds die algehele voorloper en geniet hy ’n algehele voorsprong van 3:40 oor Al Attiyah.

Laasgenoemde se blitsige tyd in die derde skof het De Villiers van die algeheel tweede tot die derde plek, 5:46 agter Sainz, laat terugsak.

Peterhansel is algeheel vyfde, 8:47 agter die Spanjaard.

Al Attiyah was die vinnigste jaer verby albei die kontrolepunte en Sainz sal beslis sy sokkies moet optrek as hy sy algehele voorsprong wil behou.

Marc Coma van Spanje het die derde motorfietsskof in 5:18:17 op sy KTM gewen en sy voorsprong as algehele voorloper verder vergroot.

Jordi Viladoms van Spanje en Pal Anders Ullevalseter van Noorweë het elk 17:49 ná Coma in onderskeidelik die tweede en derde plekke klaargemaak. Die Fransman David Casteu op sy KTM het 18:16 ná die voorloper in die vierde plek geëindig.

Cyril Despres van Frankryk, wat die Dakar in 2005 en 2007 op sy KTM gewen het, het 47ste, 1:02:48 agter Coma, klaargemaak en bevind hom nou algeheel 33ste.

Die Fransman is meer as 90 minute agter Coma. Vandag se vierde skof oor 488 kilometer eindig in Neuguen. – Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |