Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kakelbont Khotso wil die skare vermaak
Mar 13 2008 09:09:23:920PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Stellenbosch. – ’n Sonbril, ’n oorbel, ’n halssnoer, ’n paar lang kouse en een wit handskoen!

Dít is wat die toeskouers op vandag se Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms hier van die flambojante verspring-atleet Khotso Mokoena kan verwag.

Mokoena het verlede week in Valencia, Spanje, die goue medalje op die binnenshuise Wêreldbyeenkoms verower.

Dié 23-jarige atleet van Heidelberg in Gauteng het die maatband met ’n wensprong tot 8.08 meter laat rek en is vol vertroue hy kan vandag sy uitstekende peil voortsit.

“My doelwit is om môre (vandag) die Olimpiese kwalifiserende A-standaard van 8.20 meter te haal. Op die Geelbladsye-byeenkoms in Germiston het ek dié afstand met een sentimeter misgeloop. Ek is seker ek kan nog tien sentimeter verder spring,” sê Mokoena.

Volgens hom is sy flambojante voorkoms alles deel van die positiewe beeld wat hy in atletiek wil uitdra. “Kouse, sonbril, handskoen, oorbel en halssnoer is my kenmerk. Dit laat my koel en rustiger voel as ek deelneem.

“Ek dra sedert my hoërskooldae ’n halssnoer. Atletiek draai nie net om uitstekende vertonings nie. Dis belangrik dat atlete en toeskouers atletiek geniet en betrokke raak.”

Al het Mokoena nog nie die Olimpiese A-vereiste gehaal nie, het hy al aan die B-standaard van 8.05 voldoen.

Volgens Mokoena se afrigter, Angus Pohl, het hy reeds met verlede week se vertoning sy vliegtuigkaartjie na die Spele in Augustus in Beijing bespreek.

“Khotso het reeds bewys hy is Suid-Afrika se beste verspringer. Daar is geen rede waarom hy nie aan vanjaar se Spele kan deelneem nie. Hy is nie onder druk om te kwalifiseer nie. Daar is nog baie tyd oor. Hy oefen nog net drie maande lank by my en ons het al baie bereik,” sê Pohl. – Adnaan Mohamed


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |