Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ray bevraagteken Graeme se leierskap
Ray Jennings, ’n gewese afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan, glo die kaptein, Graeme Smith, is nie die regte man om dié span aan te voer nie. Die uitgesproke Jennings het aan The Wisden Cricketer gesê hy het nie ’n probleem met Smith as kolwer nie, maar dat dié hotklou tekortkomings as kaptein het. Smith hou die Suid-Afrikaanse rekord vir die meeste toetse as kaptein (55) en het ook onlangs saam met Neil McKenzie op die wêreldrekord vir die hoogste vennootskap om die eerste paaltjie in toetse verbeter. “Smith is ’n uitstekende speler. Hy is geestelik sterk en het die regte houding,” sê Jennings, wat die Proteas voor Mickey Arthur afgerig het. “Daar is nie twyfel dat Smith my span as kolwer sal haal nie. Hy is ’n goeie speler en ’n vegter. “Wat sy kapteinskap betref, glo ek daar is een of twee ouens wat die span beter as hy sal kan aanvoer.” Jennings wou nie name noem nie. “Name is nie eintlik vir my belangrik nie. Ek glo dat daar beter ouens is om daardie werk te doen en dit is my mening.” Johann de Jager berig uit Dhaka dat Smith gister net gelag het toe hy oor Jennings se uitlatings meegedeel is. Smith het gesê Krieket Suid-Afrika wil nie hê hy moet kommentaar lewer nie. Jennings se verskoning gisteraand was dat hy glo verkeerd aangehaal is. Krieket Suid-Afrika het dit in ’n verklaring aanvaar. Jennings, wat Suid-Afrika van einde 2004 af tot in Mei 2005 afgerig het, sê dat hy graag weer die afrigter sal wil wees. Maar dit sal op sy voorwaardes wees. “Daar sal ’n paar voorwaardes wees. Ek wil na die samestelling van die span kyk en hoe dit gekies word. “Ek sal ook na die bestuur van die span wil kyk en hoe hulle gekies word,” sê Jennings. Dié afrigter van die nasionale onder 19-span het ook sy mond oor die onlangse binnegevegte in Suid-Afrikaanse krieket oor transformasie-teikens uitgespoel. “Suid-Afrikaanse krieket moet verstaan dat debatte soos dié nie in die media gevoer hoef te word nie. Hulle kon dit agter geslote deure uitbaklei het. “Die hele ding het my en baie spelers in ’n moeilike posisie geplaas. “Dit is hartseer as daar ’n stigma aan spelers van kleur kleef omdat hulle voel hulle is minder bevoorreg. Dit draai nie daarom om ’n indeling van 50-50 of 60-40 van wit en gekleurde spelers te hê nie.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|