Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Toernooi verskuif nie, ongeag onrus
Mar 13 2008 09:09:29:543PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jaco van der Merwe


Alle aanduidings is dat die Internasionale Krieketraad (IKR) se toernooi om die Kampioene-trofee steeds in September in Pakistan sal plaasvind, ongeag politieke onrus en geweld in dié land.

Australië het sy toer voorlopig uitgestel nadat bomontploffings vandeesweek verwoesting in Pakistan gesaai het. Die Aussies sou later vandeesmaand na Pakistan vertrek het.

Al is Australië en ander spanne se deelname aan die Kampioene-trofee vanselfsprekend in die gedrang as die toernooi in Pakistan voortgaan, hou die IKR vol dat daar geen onmiddellike planne is om die toernooi elders te huisves nie.

Die groepe vir die toernooi is reeds gister bekend gemaak en volgens die IKR sal die bepalings en stadions waarin die wedstryde gespeel word, ook binnekort bekend gemaak word.

“Die IKR het altyd ’n ander plan vir al sy toernooie gereed en dié een is geen uitsondering nie. Dieselfde het die Wêreldbeker-toernooi verlede jaar op die Wes-Indiese Eilande gegeld toe Suid-Afrika die alternatief was,” het Sami-ul-Hasan, ’n woordvoerder van die IKR, gister uit Doebai gesê.

“Die IKR se raad, wat uit presidente en voorsitters bestaan, is die enigste komitee wat ’n besluit oor die moontlikheid van ’n verskuiwing kan neem.

“Hulle vergader hoeka aanstaande week in Doebai en die verskuiwing van die Kampioene-trofee is nie op die sakelys nie.”

Volgens Gerald Majola, Krieket Suid-Afrika se uitvoerende hoof, sal Suid-Afrika na Pakistan reis op grond van die IKR se bevindinge oor die veiligheid daar.

“Die IKR verken gewoonlik ’n land voor ’n toer of ’n toernooi en ons sal gaan as die IKR dit goedkeur,” sê Majola.

Ongeag gerugte dat die toernooi moontlik na Suid-Afrika geskuif kan word as dit van Pakistan af weggeneem sou word, sal Suid-Afrika glo nie deel van só ’n plan deur die IKR wees nie. Die toernooi sal moontlik eerder aan ’n ander land op die subkontinent toegeken word.

Suid-Afrika, wat dié toernooi in 1998 gewen het, is in Groep B saam met Nieu-Seeland, Sri Lanka en Engeland ingedeel.

Australië, die kampioen, sal sake in Groep A teen Indië, Paki­stan en die Wes-Indiese Eilande uitspook.

Elke span speel een groepwedstryd teen die ander drie in sy groep, waarna die twee spanne wat bo-aan elke groep eindig tot die halfeindronde deurdring.

Die indeling van die groepe is gedoen volgens die spanne se posisies op die wêreldranglys vroeër vandeesweek toe Australië eerste was en Suid-Afrika tweede.

Suid-Afrika kan die Aussies vandag uit die boonste plek op die ranglys dwing as hy Bangladesj in die derde wedstryd van die eendag­reeks klop.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |