Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Titans kan nie nou op hul louere rus
Mar 13 2008 09:09:25:370PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Martin van Jaarsveld is die enigste Titans-kolwer wie se naam tussen die 20 bestes in die plaaslike eendagreeks pryk.Foto: Lee Warren, Gallo Images
Christo Buchner


Dat die Titans die liga in MTN se eendagkrieketreeks met gemak gewen en 15 punte voor sy naaste teenstander geëindig het, beteken nou net mooi niks.

Dít was gister die waarskuwing van die Titans se kaptein, Pierre Joubert, aan sy spanmaats.

“Sondag se halfeindstryd teen die Cobras is al wat nou tel. Dit is ’n nuwe uitdaging waarvoor ons te staan kom,” sê Joubert.

Die Titans het oor die jare heen die etiket verwerf dat hulle ’n span is wat verwelk wanneer die groot oomblik aanbreek.

Nou is dit weer een van daardie groot oomblikke. In die ligakragmetings het hulle kop en skouers bo hul teenstanders uitgetroon, maar dit is ’n hoofstuk wat afgehandel is.

Nou is dit uithaal en wys in die halfeindstryd teen die enigste span wat hulle in die eendag­reeks kon klop.

Joubert glo egter nie hy en sy spanmaats kan ’n klomp chokers genoem word nie.

“In die verlede het die Titans wel ’n klompie goeie individue gehad wat elkeen in sy eie rigting getrek het wanneer die druk opgelaai het.

“Ons is nou ’n groep ouens wat saamspeel en nie dink die een is belangriker as ’n ander nie.

“Daarom het ons nie een keer vandeesweek in ons opbou tot die halfeindstryd die kwessie van chokers bespreek nie,” sê hy.

André Nel sal Sondag die eerste keer in meer as ’n seisoen weer vir die Titans speel. Joubert sê hy is verheug om hom in die span te hê.

“Nella gee altyd honderd persent en sy teenwoordigheid sal vir ons ’n groot hupstoot wees. Dit is wel so dat iemand anders wat die hele reeks nog vir ons gespeel het, vir hom sal moet plek maak. Maar as jy iemand soos Nella het wat jy kan inspan, kan jy nie nee sê nie,” sê Joubert.

Albie Morkel is ook terug en sal veral met die kolf van groot waarde wees vir die tuisspan in sy strewe om die eindstryd te haal.

Daar is juis net een kolwer van die Titans tussen die voorste 20 op die gemiddeldes. Dit is Martin van Jaarsveld (15de) met ’n gemiddeld van 67 lopies per beurt.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |